• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Kleitrap-woorde

Started by Meraai vannie Baai, December 02, 2012, 02:39:01 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

*Homofone: Aangedra en afgestof deur 007

Skrei: Skreiende skande
Skry: Jy het jou jou perke oorskry

Klere: Die klere wat ons dra om ons te beskerm.
Kleure: Die kleure van die potlode/verf ens.

Lei: Om die leiding te neem in 'n saak. Diere te lei aan 'n band.
Lui: Nie baie lief wees vir werk nie. Lyfwegsteek.
Ly: Ly aan 'n ongeneeslike kwaal.

Luid: Hard klinkend.
Luit: Tokkelinstrument.

Bleik: Die klere is vaal gebleik.
Blyk: Skynbaar.

Lig: Dit weeg nie swaar nie.
Lug: Die lug is hemelblou vandag.

Reis: Ons gaan per motor reis.
Rys: Suurdeeg rys.

Swaar: Die houer is te swaar om te dra.
Swaer: Familielid.

Weier: Weier om 'n taak te doen.
Wyer: Dit opening/pad word groter.

Hard: Dit is nie sag nie maar hard.
Hart: Orgaan.

Seine: Die seine word uitgestuur vanaf die beheerpunt.
Syne: Dit behoort aan hom.

Ruik: Dit ruik onaangenaam.
Ryk: Om welgesteld en vermoënd te wees.
Reik: Om uit te reik of te streef na iets.

Mier: Die suiker lok die mier.
Muur: Van 'n gebou.

Voed: Om iemand voedsel te gee.
Voet: Deel van jou liggaam.

Graad: 'n Graad behaal aan die universiteit.
Graat: 'n Vis het grate.

Haal: Gaan haal 'n voorwerp.
Hael: Stukkies ys wat uit die lug val.

Fee: Dwergies en feetjies is sprokieskarakters
Vee: Met die besem te vee / kleinvee soos skape en bokke

Klaar: Dit is reeds gedoen.
Klaer: Iemand wat protesteer / nie tevrede is nie.

Stad: Die stad het baie geboue.
Stat: Die stat van die inboorlinge is maar klein.

Bod: Aangebode geldsom
Bot: Kortaf antwoord / plante wat uitspruit word die term bot ook gebruik

Bond: Vereniging
Bont: Veelkleurig

Boordjie: Boonste deel van die nek van 'n hemp
Boortjie: Klein instrument waarmee jy 'n gaaitjie kan maak.

Boud: Agterste dik liggaamsdeel.
Bout: Met 'n moer vasgedraai.

Brei: Wat met velle gedoen word
Bry: Die 'r' klank

Dokter: Geneesheer of arts.
Doktor : Persoon wat die hoogste akademiese graad verwerf het.

End: Die einde van 'n hoofstuk ens.
Ent: Die loot van een boom in die spleet van 'n ander bevestig of 'n deel van 'n pad

Faal: Om te misluk
Vaal: Vervelende kleur

Feit: Die waarheid
Fyt: Sweer aan jou vinger

Fel: Hewig soos wanneer die son fel neerbak.
Vel: Huid van mense of diere / ook omkap:bome word gevel / beslissings word ook gevel.

Fier: Met trots.
Vier: Ons vier 'n verjaardag of 'n fees. Een minder as vyf is vier.

Fiets: Waarop jy kan ry.
Viets: Netjies en sjarmant.

Fonds: Geld wat bymekaar gemaak is vir 'n sekere doel.
Vonds: Soos wanneer iets gevind word bv. 'n skat.

Fors: Baie kragtig.
Vors: Koninklik.

Kruit: In 'n geweer se patroon
Kruid: Onkruid in die tuin.

Lid: Een van die lede in 'n groep.
Lit: Deel van die vinger of 'n riet.

Lood: Metaal
Loot: Jong takkie / iemand deur die lot aanwys.

Luid: Harde geluid wat weerklink
Luit: Soort tokkelinstrument

Mied: Hooi wat opgestapel is
Miet: Klein larwe of wurm wat in meel kan voorkom.

Nood; Haglike omstandighede / toestand.
Noot: Musiekgeluid / ook papiergeld.

Peil: Om die diepte vas te stel
Pyl: Soos 'n pyl uit die boog geskiet

Pond: Britse geldeenheid of ou gewismate.
Pont: 'n Vaartuig wat gebruik word om oor 'n rivier te kan gaan.

Rant: Die rant is 'n klipperige hoogte.
Rand: Omtrek van 'n voorwerp / geldstuk / oorgangsgrens soos "op die rand van die graf of van bankrotskap".

Reier: Moerasvoël.
Ryer: Persoon wat ry.

Ry: Om voort te beweeg in 'n voertuig.
Rei: Koor.

Seine: Tekens.
Syne: Dit behoort aan hom.

Skud: Heen en weer of op en af te ruk.
Skut: Persoon wat skiet / plek waar vee aangehou word.

Steil: Baie skuins op en af soos 'n bergpad.
Styl: Soos die styl van 'n skrywer of ook van hare.

Vermaard: 'n Beroemde persoon
Vermaerd: Persoon of dier wat maer geword het.

Vly: Om gerieflik neer te lê.
Vlei: Moerasagtige laagte of om iemand heuning om die mond smeer.

Want: Vir 'n rede / omdat.
Wand: 'n Muur.

Wei: Dier wat gras vreet.
Wy: Om te skenk / wy jou aandag aan die saak.

Ys: Gevriesde water.
Eis: Aandring op gebiedende wyse vir iets.

PM

Hierdie kleitrap-woorde se waarde vir my, lê beslis in die spelling.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Een van ons gaste is besig om te gaps :)

PM

Sokkolle helle!  (Lag)

Nog een van die kleitrappers is  raad en raat.  Gee tog 'n voorbeeld asseblief. 

Om te weet is om te verstaan.

Naas

Die munisipaleraad geen raat met die grypdiewe by die winkelsentrum nie. Hierdie twee woorde se grense is lankal vervaag.


Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Dankie Naas.  Ek dink altyd aan boererate, dit help my halfpad.  (lag)
Om te weet is om te verstaan.