Author Topic: Kleitrap-woorde  (Read 6377 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Kleitrap-woorde
« on: December 02, 2012, 02:39:01 AM »
*Homofone: Aangedra en afgestof deur 007

Skrei: Skreiende skande
Skry: Jy het jou jou perke oorskry

Klere: Die klere wat ons dra om ons te beskerm.
Kleure: Die kleure van die potlode/verf ens.

Lei: Om die leiding te neem in 'n saak. Diere te lei aan 'n band.
Lui: Nie baie lief wees vir werk nie. Lyfwegsteek.
Ly: Ly aan 'n ongeneeslike kwaal.

Luid: Hard klinkend.
Luit: Tokkelinstrument.

Bleik: Die klere is vaal gebleik.
Blyk: Skynbaar.

Lig: Dit weeg nie swaar nie.
Lug: Die lug is hemelblou vandag.

Reis: Ons gaan per motor reis.
Rys: Suurdeeg rys.

Swaar: Die houer is te swaar om te dra.
Swaer: Familielid.

Weier: Weier om 'n taak te doen.
Wyer: Dit opening/pad word groter.

Hard: Dit is nie sag nie maar hard.
Hart: Orgaan.

Seine: Die seine word uitgestuur vanaf die beheerpunt.
Syne: Dit behoort aan hom.

Ruik: Dit ruik onaangenaam.
Ryk: Om welgesteld en vermoënd te wees.
Reik: Om uit te reik of te streef na iets.

Mier: Die suiker lok die mier.
Muur: Van 'n gebou.

Voed: Om iemand voedsel te gee.
Voet: Deel van jou liggaam.

Graad: 'n Graad behaal aan die universiteit.
Graat: 'n Vis het grate.

Haal: Gaan haal 'n voorwerp.
Hael: Stukkies ys wat uit die lug val.

Fee: Dwergies en feetjies is sprokieskarakters
Vee: Met die besem te vee / kleinvee soos skape en bokke

Klaar: Dit is reeds gedoen.
Klaer: Iemand wat protesteer / nie tevrede is nie.

Stad: Die stad het baie geboue.
Stat: Die stat van die inboorlinge is maar klein.

Bod: Aangebode geldsom
Bot: Kortaf antwoord / plante wat uitspruit word die term bot ook gebruik

Bond: Vereniging
Bont: Veelkleurig

Boordjie: Boonste deel van die nek van 'n hemp
Boortjie: Klein instrument waarmee jy 'n gaaitjie kan maak.

Boud: Agterste dik liggaamsdeel.
Bout: Met 'n moer vasgedraai.

Brei: Wat met velle gedoen word
Bry: Die 'r' klank

Dokter: Geneesheer of arts.
Doktor : Persoon wat die hoogste akademiese graad verwerf het.

End: Die einde van 'n hoofstuk ens.
Ent: Die loot van een boom in die spleet van ’n ander bevestig of 'n deel van 'n pad

Faal: Om te misluk
Vaal: Vervelende kleur

Feit: Die waarheid
Fyt: Sweer aan jou vinger

Fel: Hewig soos wanneer die son fel neerbak.
Vel: Huid van mense of diere / ook omkap:bome word gevel / beslissings word ook gevel.

Fier: Met trots.
Vier: Ons vier 'n verjaardag of 'n fees. Een minder as vyf is vier.

Fiets: Waarop jy kan ry.
Viets: Netjies en sjarmant.

Fonds: Geld wat bymekaar gemaak is vir 'n sekere doel.
Vonds: Soos wanneer iets gevind word bv. 'n skat.

Fors: Baie kragtig.
Vors: Koninklik.

Kruit: In 'n geweer se patroon
Kruid: Onkruid in die tuin.

Lid: Een van die lede in 'n groep.
Lit: Deel van die vinger of 'n riet.

Lood: Metaal
Loot: Jong takkie / iemand deur die lot aanwys.

Luid: Harde geluid wat weerklink
Luit: Soort tokkelinstrument

Mied: Hooi wat opgestapel is
Miet: Klein larwe of wurm wat in meel kan voorkom.

Nood; Haglike omstandighede / toestand.
Noot: Musiekgeluid / ook papiergeld.

Peil: Om die diepte vas te stel
Pyl: Soos 'n pyl uit die boog geskiet

Pond: Britse geldeenheid of ou gewismate.
Pont: 'n Vaartuig wat gebruik word om oor 'n rivier te kan gaan.

Rant: Die rant is 'n klipperige hoogte.
Rand: Omtrek van 'n voorwerp / geldstuk / oorgangsgrens soos “op die rand van die graf of van bankrotskap”.

Reier: Moerasvoël.
Ryer: Persoon wat ry.

Ry: Om voort te beweeg in 'n voertuig.
Rei: Koor.

Seine: Tekens.
Syne: Dit behoort aan hom.

Skud: Heen en weer of op en af te ruk.
Skut: Persoon wat skiet / plek waar vee aangehou word.

Steil: Baie skuins op en af soos ’n bergpad.
Styl: Soos die styl van 'n skrywer of ook van hare.

Vermaard: 'n Beroemde persoon
Vermaerd: Persoon of dier wat maer geword het.

Vly: Om gerieflik neer te lê.
Vlei: Moerasagtige laagte of om iemand heuning om die mond smeer.

Want: Vir 'n rede / omdat.
Wand: 'n Muur.

Wei: Dier wat gras vreet.
Wy: Om te skenk / wy jou aandag aan die saak.

Ys: Gevriesde water.
Eis: Aandring op gebiedende wyse vir iets.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kleitrap-woorde
« Reply #1 on: December 03, 2012, 04:24:48 AM »
Hierdie kleitrap-woorde se waarde vir my, lê beslis in die spelling.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kleitrap-woorde
« Reply #2 on: August 24, 2018, 11:39:29 AM »
Een van ons gaste is besig om te gaps :)

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kleitrap-woorde
« Reply #3 on: August 24, 2018, 02:38:29 PM »
Sokkolle helle!  (Lag)

Nog een van die kleitrappers is  raad en raat.  Gee tog 'n voorbeeld asseblief. 

Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Kleitrap-woorde
« Reply #4 on: August 24, 2018, 03:16:54 PM »
Die munisipaleraad geen raat met die grypdiewe by die winkelsentrum nie. Hierdie twee woorde se grense is lankal vervaag.


Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kleitrap-woorde
« Reply #5 on: August 24, 2018, 03:42:39 PM »
Dankie Naas.  Ek dink altyd aan boererate, dit help my halfpad.  (lag)
Om te weet is om te verstaan.