• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Letterwoorde

Started by Meraai vannie Baai, December 02, 2012, 02:11:21 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Ons is almal al mooi dingesvol vir hierdie ongewenste plapos. Hier is 'n paar oulike name wat ek raakgelees het:
Varkpos
Geraaspos
Sproeipos
Pespos (en die IT man is dan 'n pesposwagter!)

Op versoek van 007 word die volgende letterwoorde vir SPAM geskep.

Outoppie
S: Simpel
P: Pos
A: Aangestuurde
M: Moermeter-aktiveerder

SueEe:
Spoeg-
Pos
Aan
My

Spul
Praatkous
Aangedrewe
Mail

Naas:
My ouma het ook een van daai gehad. Gelukkig is dit dood voor dit kon aanteel. :-})
K-onstante
O-ngevraagde
T-oeststroming van
S-teurpos.
In ander woorde: "Ons word oorval deur KOTS.

Willa:
S - steur
P - pos
A - aktiveer
M - moermetertjie!


Meraai vannie Baai

Wonder ek nou wat sal ons die ongewensde foon oproepe noem wat jou belieg oor die 'gevaar' van jou komputer wat 'besmet' is en as dit nie reggestel word nie, gaan jou internettoegang afgesny word  :toothy4: :dontknow:

Tot op hede werk dit soos 'n bom deur te antwoord dat die oproep gemonitor word deur die polisie  :toothy4: Wat antwoord julle?

Assie

Ek en oupa praat sommer van gemorspos of toiletpos aangesien die papier in blokkies gesny word en in die longdrop gebruik word om die toiletpapier te spaar.


:mumum:

Naas

'Wonder ek nou wat sal ons die ongewensde foon oproepe noem wat jou belieg oor die 'gevaar' van jou komputer wat 'besmet' is'

Wat van "ANC gasette"?

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Daardie ene kan werk Naas  :headbang: :hello2:

PM

Gelukkig kan jy dit nog vir iets aanwend Naas. 
Om te weet is om te verstaan.