• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Ou idiome uit die volksmond

Started by Meraai vannie Baai, December 02, 2012, 01:40:15 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Gawie vertel my sy trek deesdae so baie los as sy hekel, dit gaan haar 'n ewigheid en twee weke neem om die kombers klaar te maak  :icon_biggrin:

PM

Dit laat my dink aan die ou wat sewe voet en sewe dae lank was.
Sy maatjie was net 'n poep en 'n baksteen lank, hy het knaend sy alie gestamp as hy van die trappe af geklim het. 
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Hy is so kort, as sy keel seer is weet hy nie of dit mangels of aambeie is nie.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Hannes lag nou te lekker. 
Ek seg mos, om kort in postuur te wees is nie so erg as om kort van draad te wees nie.
Staan poppie staan en laat jou gedagtes gaan. 
Om te weet is om te verstaan.

Naas

As jy tekortskiet gaan die koëls nie die teiken haal nie.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Daarom is dit beter om hoog te mik.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Vertel Gawie my vandag van iemand wat so babbel, dit klink soos fonteinwater.

PM

Goeiste, dit klink lank en aanhoudend. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ons probeer kuier en die fonteintjie babbel en babbel....

Assie

Ek dink nie Nonne kry baie groente om te eet nie want Oupa se altyd ou Griet lag soos 'n non wat 'n sak vol wortels opgetel het.  :dontknow: :icon_scratch:

:mumum:

Meraai vannie Baai

Bulder ek onvroulik. Wonder ek of dit die selle Griet is wat vertel het dat hulle deesdae nie eers 'n koekie seep kan vertrou nie? Krap nou nog kop oor daai ene ook Assie  :dontknow:

Naas

#26
Oupa het alzheimers light en ek lei aan sometimers... Sometimes I remember. Ek het so bietjie vergeet van waaroor die koekie seep gaan.  :dontknow:

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Moenie sleg voel nie Naas, ek weet net almal het gelag en ek het kop gekrap toe iemand my vra 'kop jy dit?'  :icon_bigsmurf:

Assie

 Daai koekie seep storie is 'n lang storie en kinders lees ook hier. Ons wil nie die kinders slim maak voor hulle metriek maak nie.

:mumum:

PM

Ek weet net van die non wat nie haar eie vinger kan vertrou nie.  Kan julle my uithelp met die koekie seep?
Om te weet is om te verstaan.