• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Souse: Van Taljaner-pasta tot 'n Boerse-aartappel

Started by Meraai vannie Baai, December 02, 2012, 12:32:43 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Hierdie 2 heerlike souse wat ek lankal in die Verskombuisafdeling bewaar het, gou hier kom deel.

Lorraine: Salsa di Pommodoro (vinnige en heerlike sous vir pasta)

Laat ek dit nou maar erken, ek is nie 'n vegetariër nie en eet selde (behalwe slaai) nie graag iets sonder 'n stukkie vleis nie. Maar hierdie sous is so flippen lekker, ek kan nie ophou nie!

Twee van my pa se susters was getroud met Italianers - do I need to say more????

Dis vinnig, relatief goedkoop, en as jy die goed in die huis hou, kan kuiergaste jou nooit onkant betrap nie. Probeer gerus. En moenie laat die naam jou afsit nie, maar so 'n lekker sous verdien 'n fancy naam. Ek kook die sous,halveer dit en vries die res vir 'n latere gebruik.

3 blikke heel tamaties (koop net 'n goeie maak)
1 blikkie tamatiepasta (125g)
handvol vars basilliekruid / of 1 tlp gedroog
1 ui
3 knoffelhuisies (jy kan minder ook gebruik as jy wil)
bietjie olie
Sout en Peper
125ml rooiwys (opsioneel - ek mis dit nie eintlik as ek dit nie byvoeg nie)

Braai die uie en knoffel saam in olie.
Voeg blikkies tamaties en tamatiepasta by.
Sny/breek basilliekruid in klein stukkies en voeg by.
Voeg sout en peper by.
As jy wil, gooi die wyn by, anders kan jy dit maar drink!
Moenie water bygooi nie. Die tamaties het genoeg vloeistof.
Kook vir so 'n uur op lae hitte.

Ek druk net voor opdiening die hele gedoente sommer met my "masher" fyn. Ek hou nogal daarvan as dit nie puree-fyn is nie.

Bedien warm met fettucini, tagliatelle of enige ander pasta. (Die helfte van hierdie sous is genoeg vir 1 pak pasta)
Strooi vars gerasperde pecorino/parmesan of kaas van jou keuse oor.
Lekker eet! Hoe sê oom Oubaas op 7de Laan, julle sal julle lippe afkou. Dit bly een van my gunstelinge en ons eet dit ten minste 1 X per week!

Meraai vannie baai
Ek het ook enetjie, ek meen 'n Gatkantlandse (souserige) resep  :icon_biggrin:

Gekapte/gesnyde/versnipperde of halwe en hele sampioene
liggies gebraai in aartoemaak-bottertjie
knippie sout enne paar korrels peper
mildelike omkeer van stroop/heuning
verbruin tot amper karamel

*hierby kan jy dan enige oorskiet sousie voeg bv kaassous of lekker branderige ene. Heeerlik oor aartappel in sy skil ook veral as daar van 'n vorige 'net-nie-genoeg maalvleis-dis' oor was om weer in te span nie. 
Njam! Dit maak 'n maal op sy eie.

PM

Die resepte-afdeling is nou een plek wat my gereeld sien.  Ek lief al die resepte.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ons lief resepte en die eindprodukte net so baie mater  :toothy4:

PM

As julle vra wat my stokperdjie is dan vertel ek vir julle!  EET!
Ek is altyd honger!
Hannes vra gereeld: "Wil jy nog 'n skeppie he?"
Ja ek wil, maar ek mag nie meer kry nie!
Om te weet is om te verstaan.

Naas

die resepte is almal kwyllekker maar daar is net een man in my lewe wat mag steak braai en dit is Hannes Smit.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Hy mag maar, want hy kan.  Sy seuns het ook by hom geleer en hulle seg, die student is altyd beter as die leermeester. 
Om te weet is om te verstaan.