So lê ek my beet in.
Kook sommer so drie pakke beet tot dit gaar is (sommer in die drukkoker) en verwyder die skilletjies. (Gooi die beetwater af, vul dit aan met water tot vier koppies vloeistof en kook dit effens met 1 koppie suiker. Gooi dit in die voëls se drinkbottel en siedaar!
Maak 'n soetsuur sous so:
Kook alles saam.
1 liter asyn
750 ml ligbruin suiker
1 telepel borrie
4 telepels droë dille (opsioneel, maar dit maak net die verskil)
2 eetlepels mosterdsaadjies (ook opsioneel maar kry dit gerus)
10 telepels mielieblom, aangemaak met 'n bietjie water
Jy kan die beet in stukke sny of dit net so heel in bottels plaas. (Ek hou altyd my leë botteltjies en bedel dit terug wanneer ek die beet of ander kossies uitdeel.
)
Gooi nou die sous oor tot die bottel heeltemal vol is en skroef toe. Bêre dit maar in die yskas. Njammies!