• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Assie se Oupa sê

Started by Naas, May 21, 2011, 07:50:53 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

Naas

My wyse Oupa sê nou die dag: "Intelligensie sonder insig is die gereedskap waarmee die duiwel gewone mense irriteer."
Ons koop verlede jaar by die vandisie 'n pragbul. Die dier het al die regte spiere op die regte plekke. As hy in die veld staan lyk dit of hy klaar op aandag staan voor die beoordelaars. Hy vreet in blou rosette. Hy't 'n paar horings wat enige opregte  bloubul tevrede sal hou al verloor sy span soos gewoonlik. Hy is 'n teelbul.  Tot die fynste besonderhede toegerus vir die werk. Die koeie kan nie hul oë van hom afhou nie. Selfs Blommetjie het al in die grensdraad vasgeloop van omkyk.
Maar teel kry ons met die dier nie geteel nie.
Kry ons die ou veearts om te kom kyk wat aangaan. Die sukkel twee dae maar daar is geen lewe in teelbul se gereedskap nie. Laataand kom die veearts van die kraal af ingestrompel. Doodmoeg. Hy het die probleem opgespoor. Die bul sal nooit teel nie. Hy het geen reuksin nie en kan dus nie die koeie ruik as hulle gereed is vir teel nie. Ons sal maar kunsmatig moet insamineer.
"Dis nou 'n gedoente." Brom Oupa. "'n Hele waenhuis vol duur gereedskap en geen werktuigkundige om daarmee te werk nie."
'n Parlement vol "intelligente" politici en geen pad om soontoe te ry nie...

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Angelica

Giggles... Laat ons nie oordeel volgens die uiterlike nie. Arme koeie. Hier het hulle 'n bul van 'n bul aan die oorkant van die draad en hy beteken niks. Wat 'n teleurstelling.   :angel8:
elle

PM

Assie het 'n wyse oupa Naas!  Jammer hy het nie die insig gehad toe hy die bul aangekoop het nie!   :icon_biggrin:

:sign10:  Jy is reg Elle,  'n mens sien die ding voor die kop maar nie in die krop nie.   :sign10:  Snuif-snuif   :crybaby2:
Om te weet is om te verstaan.

adele

het nogals verlang na Oupa. dankie jy hulle weer laat kom kuier het.

:grommit:
adéle  :grommit:

PM

Nou is jy in die sop Naas!   Jy beter Assie en haar oupa aan die lewe hou! 
Om te weet is om te verstaan.