Author Topic: ANTJIE SCHUT  (Read 7193 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
ANTJIE SCHUT
« on: November 22, 2012, 05:28:36 PM »

http://www.gabrielkolbe.co.uk/musiek/ANTJIE_SCHUT/244.html

ANTJIE SCHUT

Aan die kantjie van die randjie,
in 'n mooi klein rietdakhut,
by haar mamma en haar pappa
woon my liewe Antjie Schut.

Jaag die eendjies, haak haar beentjies,
en die water kon nie stut.
Sy's gesonke en verdronke,
ag my arme Antjie Schut.

By 'n stroompie, waar 'n boompie
met sy skadu ons beskut,
groei 'n rosie, rooie rosie
uit die stof van Antjie Schut.

Ag ek mis haar, ag ek mis haar,
o my liewe Antjie Schut;
maar haar suster's glad nie skugter,
en dit vind ek so van nut.

Dit is klaar nou, ook met haar nou,
en my rympie uitgeput.
Maar g'n hartseer of g'n smart meer
oor die dogters van oom Schut!


Written by Woorde: Tradisioneel; gewysig: P. MCLACHLAN Musiek: 'Clementine', Amerikaanse Volkswysie; verwerk: ANTON HARTMAN

dieselfde wysie (een van my gunsteling-geliefkoosde wysies) as Amakeia

Amakeia

Amakeia
In die skadu van die berge,
bos-beskut aan alle kant,
staan alleen die hartbeeshuisie
op die grens van Kafferland.

Saggies neurie Amakeia
op die wal van Kei-rivier,
tot hy slaap, die tere wiggie
van die blanke pionier:

"Stil maar, stil maar, stil Babani;
kyk hoe blink die awendster.
Niemand sal vir kindjie slaan nie -
stil maar, al is Mammie ver."

Amakeia had belowe
toe haar nonna sterwend was,
om die hulpelose kindjie
tot hy groot was, op te pas.

Liefd'ryk sorg sy vir die wit kind,
tot vir hom die lewenslig
straal uit aia Amakeia's
vrind'lik-troue swart gesig.

Onheilspellend sien sy tekens,
oorlog kom daar in die land:
Snel die inval, huis en hawe
uitgemoor en afgebrand.

Selfvergetend, doodveragtend,
met die wit kind op haar rug,
na die Amatola-berge
het sy ylings heen gevlug.

"Stil maar, stil maar, pikanienie;
oor die bergtop rys die maan.
Niemand sal vir ons hier sien nie;
môre sal ons huis toe gaan."

Ag, dat oë van verspieders
ook haar skuilplaas moes ontdek!
"Spaar hom, hy's so klein nog," smeek sy
met die hande uitgestrek.

Woedend tier die wilde bende:
"Sterf of gee die wit kind hier!"
"Oor my lewelose liggaam ..."
antwoord Amakeia fier.

"My belofte aan my nonna -
beste wat daar ooit nog was -
waar hy gaan, moet Amakeia
saamgaan om hom op te pas."

"Is jul lewend nie te skei nie,
bly dan in die dood vereen -
kort proses met haar, Maxosas,
laat die blink asgaaie reën!"

In die Amatola-klowe
sing nog net die winterwind
deur die riete in die maanskyn:
"Tula - Tula - stil, my kind!"

   AG Visser


 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: ANTJIE SCHUT
« Reply #1 on: November 23, 2012, 07:06:53 AM »
Sjoe, die Amakeia-gedig bring altyd trane na my oë.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: ANTJIE SCHUT
« Reply #2 on: November 23, 2012, 09:29:24 AM »
Baie dankie vir die oproep van soveel herinneringe Adéle.  Dit is werklik groot diamante, nou toegegroei onder stof. 
Om te weet is om te verstaan.