• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

DIE HIEFEL EN DIE FIEFEL

Started by adele, November 22, 2012, 05:08:52 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

http://www.gabrielkolbe.co.uk/musiek/DIE_HIEFEL_EN_DIE_FIEFEL/256.html

ek ken hierdie gladnie maar die titel het my laat wonder hoeveel sulke skatte in Afrikaans iewers weggesteek word.


DIE HIEFEL EN DIE FIEFEL

'n Klonkie op 'n donkie in 'n ver kontrei,
'n klonkie op 'n donkie in 'n ver kontrei,
en al wat aan my lyf is, is 'n linkersy.

'n Skoffel van ou Stoffel en 'n saal op 'n paal,
'n skoffel van ou Stoffel en 'n saal op 'n paal,
en al wat aan my skoon is, is die swart van my nael.

'n Asem en 'n wasem en 'n slang se poot,
'n asem en 'n wasem en 'n slang se poot,
en al wat op my plaas is, is die stof in die sloot.

'n Sekel in die pekel en 'n afoor graaf,
'n sekel in die pekel en 'n afoor graaf,
en al wat op my plaas is, is die rondte van die naaf.

'n Bottel en 'n skottel en 'n blaarkombers,
'n bottel en 'n skottel en 'n blaarkombers,
en al wat in my huis is, is die wit van 'n kers.

'n Jonker en 'n pronker en 'n ryk juffrou,
'n jonker en 'n pronker en 'n ryk juffrou,
en al wat in my kas is, is die knoopsgat van 'n mou.


Written by Woorde: C.J. LANGENHOVEN Musiek: S.A. Volkswysie

:grommit: 
adéle  :grommit:

PM

Dankie Adéle, dit is nogal een van Langenhoven se werk wat so wegkruip.  Baie oulik, ek het dit geniet. 
Om te weet is om te verstaan.