Author Topic: Uitstel  (Read 2621 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Uitstel
« on: November 22, 2012, 12:05:14 PM »
Om kreatief te wees is nie vir my 'n keuse nie, dit is 'n basiese behoefte. Dan is daar egter dae soos die wat ek by die beginfase van 'n prent is en ek ander take soek om te doen: Skottelgoed was; die wasgoed wegpak ens. Alles net om nie dit wat ek eintlik moet doen, hoef te doen nie. Ek hou van die middelfase van 'n prent waar dit al na iets begin te lyk en jy nog die moed het om aan te gaan. Die begin gee vir my die "skoon-papier-blokkasie" en teen die einde het ek gewoonlik al so 80 ure ingesit in die prent en is ek sommer net moeg, verveeld daarmee en dan skop die tweede vrees ook in van: As ek nou 'n fout maak, het ek 80 uur gemors en was dit alles pure verniet.
Het julle ook take of aktiwiteite wat julle eintlik geniet om te doen, maar dikwels uitstel en wat is die redes hoekom julle dit doen?

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Uitstel
« Reply #1 on: November 22, 2012, 04:15:10 PM »
Oe ek stel altyd die huiswerk uit omdat ek niks daarvan hou nie.  Gee my net 'n glasie (of drie) rooiwyn dan werk ek soos 'n esel.   :icon_biggrin: 
In my tuin kan ek kreatief wees al is ek die enigste ou wat dink dit is "oulik".   :icon_biggrin:



Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Uitstel
« Reply #2 on: November 23, 2012, 07:12:15 AM »
Dit is 'n lieflike gevoel wanneer jy sien hoe die nuwe plantjies kop uitstoot. :-)

Ek het gister by myself gedink dat ek eintlik seker maar 'n lui mens is- ek hou baie van uitstel met meeste dinge en orals rondom my is daar half voltooide projekte. Miskien moet ek meer wyn drink.  :icon_biggrin:


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Uitstel
« Reply #3 on: November 23, 2012, 12:14:32 PM »
Rooiwyn het nie remme nie, jy kan dit gerus probeer.  Man, dit gee moed soos min.  Vloereskrop en potte poets knak die knie onder 'n glasie of drie!   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Uitstel
« Reply #4 on: November 23, 2012, 12:52:35 PM »
Ek sal vanaand so 'n enetjie of twee drink en kyk wat gebeur.  :icon_biggrin: