• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Stilte - vir eers.

Started by Meraai vannie Baai, November 16, 2012, 05:21:37 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Liewer maters, ek gaan weer stil wees vir 'n week of wat. By die tyd weet almal omtrent dat volgende week D'dag is vir ons. Ek trek bietjie moeilik aan die emosionele vrag en die 'pypies' word die volgende week nie toegelaat nie want die suurstofvlakke in die bloed moet so na as moontlik aan normale asemhaling gedoen word, om te sien hoe die longe byhou sonder hulp. Dit is my pynverdower  :crybaby2: vandag het ek vir oulaas nog (skelm gesuig daaraan) sodat ek 'n paar goedjies kon doen/plaas. Die naweek kom meisiekindjie en kie kuier en volgende week is dit ons en die toetse. Lief julle baie en ons kuier weer tussen die lyne as ek terug is. Tot dan, mooi loop! I'll be back  :notworthy:

PM

Jy moenie stout wees nie Raaitjie!   :icon_biggrin:

Mooiloop Sustertjie, ek hou jou in my hart en my gedagtes en hoop van harte jy bring vir ons goeie nuus. 
Geniet die naweek met die kinders en voorspoed vir die toetse. 

Liefe jou, sommer baie baie.
Om te weet is om te verstaan.

Fransi

Baie sterkte Meraai en mag die toetse goeie nuus bring.

Gawelina

Et ot liefe jou!! (Anchen se woordjies toe sy klein was - ek ok lief vir jou)

Sterkte vir die week. In gedagtes is ek ook daar iewers. Kyk onder jou strooihoed se rand!

Ah Willa

op gebedsvlerke dra ek jou matter!
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

Dankie liewe maters  :love7: uit die mag van gewoonte het ek eers gou weer kom loer. Lief julle sooooo baie  :notworthy: en dankie vir ALLLES!! Dit is my krukke onder die arms en ekstra asem vir wat ook al op ons pad sal/gaan kom.

AB

Sterkte en seënwnese van gesondheid wens ek jou toe

Meraai vannie Baai

#7
Dankie dierbare maters! As ons more aand die wieletjieshuis hak, pak ons die eerste tree aan op die pad wat lei na antwoorde. Tot nou was die toekoms vir my duister en onsekerheid vreet my amper letterlik op. Vanoggend terwyl ons met koffie in die hand nog steeds bespiegel oor dit wat dalk kan voorle of nie, trek die skadu van my welkom haantjie teen die muur my oog. En skielik besef ek:

Soms hang skadus
oor ons toekoms
wat ontroue beelde skep.

'n Haan op 'n tak,
met sy das om die nek
lyk dan soos Liewe Heksie
in die mandjie
van haar lugballon,
met 'n swepie
in haar hand!  



*bid asb saam met ons dat die vorige PH diagnoses net 'n skadu-drukking teen die mure van my hartkamer was, gegooi deur nare klonte in die longe.

:notworthy: :love7:


PM

Dit is pragtig gedoen Raaitjie.  Lyk die haan se kop ook vir my soos 'n groot hand, sy lyf 'n arm en sy stert 'n gesig wat weg kyk van my.  :icon_biggrin:  Jannie in die boontjierank.
Ek sien vir Liewe Heksie sit op 'n swaai (haar voete by die haan se stert.)

Met elke rol van die wiel sal ons aan jou dink Raaitjie.  Hier is 'n hele ry stoeltjies, ons sit net hier en wag tot ons ook 'n antwoord kry. Sterkte Sustertjie.  Ek hoop van harte dat dit die uitslag is wat ons almal graag vir jou wil hê en dat dit die einde van al die onsekerheid is.  Sterkte, hier is 'n drukkie vir jou, hang dit om jou sielehals, ingesnoer met al die
mooi wense.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#9
PM, jou woorde en liefde gee my krag matertjie. Ek sit met die voete en swaai, my gemoed soveel ligter. Ek het nie gedink ek sal hierdie dae van wag omkry sonder om my hoed te verloor langs die PHpad nie LOL! Gedink ek sal soos gewoonlik ergens 'n gaatjie gaan soek en bloemin-hoekom-sak oortrek tot D'dag  :icon_biggrin:

Die "ekphrasis allegorie" op ligter noot spesiaal vir jou  :headbang:

Toe die Haan teen die pandokkie se songeelmuur kraai
vul maters se skadus 'n lugballon met phenomonale hoop;
en binne in swaai Meraai haar sweep en skreeu verspot:
"Jippie! Nog 'n dag van wag is verby. Waar's my hoed?"
Sy boor 'n gaatjie in die mandjie met haar toon.
"O ja. Dis op my kop  :icon_bigsmurf:
Wie kom saam na die stomkletstuin?"

Pssst: PM hang al teen die boontjierak en Gawie sit en swaai!

*volgende week dv kuier ons weer heerlik saam, tot dan liefde in ons ou kringetjie!!


PM

 :notworthy: Bevoorregte ekke!  Dankie Raaitjie.  Die stomkletstuintjie se hekkie is nog toe.  Dalk sal Gawie kom draai. 
Eish!  Dit gaan 'n lang week wees.   :crybaby2:
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

Ek verlang ver Raaitjie ... enige nuus oor D-day se toets??

ek glo en vertrou dat dit baie goeie nuus gaan wees en ons nog baie baie woorde aan haar mandjie gaan moet afstaan ...

maar op hierdie einste oomblik, klop my hart in onstuimige ritmes vir ons maaitjie en al wat ek kan doen is om haar op te stuur na Bo op die vlerke van gebed ... hoekom kan ek nie 'n toorstokkie kry nie ...  :icon_scratch:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Gawelina

Willa, op haar facebook muur het hulle breedvoerig verslag gedoen. Die kort en die lank van die uitslae is dat hulle nog steeds nie weet wat die probleem veroorsaak nie en dat sy verdere toetse moet ondergaan. Ek is seker Raai sal volgende week vir julle presies kom vertel wat die dokkie seg.

Ah Willa

dankie Gawelina .. ek sal ook bietjie haar FB blad gaan besoek ...
ek waardeer dat jy kom laat weet het ... die gebedsverke gaan nou nog vinniger en meer gereeld wapper
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

Ek en Hannes hou haar ook knoes in ons harte en gedagtes.  Ek misssss haar vreeslik!
Om te weet is om te verstaan.