• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Ons hou 'n plaasonthaal ala verjaardag vir Meisiekindjie en kie.

Started by Meraai vannie Baai, October 29, 2012, 05:06:51 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Die eerste naweek wat ons almal afgehad het en bymekaar kon kom,
het 'n handjievol familielede 'n boerefees in Ausiestyl gehad.
Dit was 'n ware fees. Eenvoudig, maar soooooo gesellig en liefde wat
gestraal het uit die gewillige siele se hande. Gelag was daar baie!!

Skoonseun het sy 'kraan' huistoe gebring en die brawes het 'n beurt gekry
om vanuit die lig te loer na die omgewing ... vir my was dit 'n wonderlike geskenk
om deel van alles te kon wees.



So tussendeur het die gewoel begin om alles reg te kry
vir die feestelike familiekringetjie se saamkuier.
Al die gewillige hande was ingespan LOL.







Outoppie en onse jongste was in beheer van die kleuterskool
waar self feesgevier en bederf was!



*ek kry nou net hierdie fotos vasgesit. Program het gestaak. Gaan weer probeer vir die res  :crybaby2:
So ja. Ek is terug  :toothy4:











En toe is dit tyd vir aansit en die groot plaaskuier. 'n Boere 'onthaal' vir Meisiekind en kie.








PM

Baie dankie vir die deel hiervan Raaitjie.  Dit is heerlik om saam te kuier.  Ek wag geduldig vir die res hoor. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

So pas geplaas matertjie. Lekker om jou hier raak te kuier  :love7:

Meraai vannie Baai

Ons kinders het klein en groot, 'n DING vir daai gloeiende liggie goeters  :icon_biggrin: en selfs op die feestelike geleentheid het hulle gegloei! Eerste ding wat gelaai word as die aankope vir 'n partytjie of samekoms gedoen word. Mum, can we please have glowing sticks on this party too?? Meisiekind het haar nie twee keer laat nooi nie. En nou spog hulle kleurvol vir ewig hehehe.

PM

En vir jou matertjie.  Dit is altyd die moeite werd om so byeenkoms te "bewerk".  Mooi herinneringe en foto's vir more.  Die "gloeiwurmpies" het nogal 'n indruk gemaak.  Baie oulike idee. 
Om te weet is om te verstaan.

PM

Ek sal nog kort-kort terug kom want ek sien so baie.  Het die kraan in "mandjie" waarmee die ouens opgaan?
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

So bly ons kon dit doen PM. Wou net 'n saamweesfees he. En ons het so gemaak. Elke sekond so dankbaar gekoester  :love7:

Meraai vannie Baai

Ja dit het so staalmandjie waarin die brawes kon vasklou aan mekaar  :icon_biggrin:

PM

Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ongeloooflik hoog. Skoonseun het nie die hele gedoente ontplooi nie maar dit wat ons gesien het was genoeg om my hoogte te vrees te gee deur net op te kyk. Gaan gou een foto soek waar Outop kamera dwars geswaai het en die hele ding ingekry het hoor.

Meraai vannie Baai

#10


Daar's die gedoente, vaderland ek word seesiek net om op te kyk selfs na die sneppie LOL!

Meraai vannie Baai

En hier is ons ou prinsie en sy nuwe niggietjie  :love7:
Hulle wou net troukoek eet, maak ouma maar ander plan


PM

Hierdie is opvreetgoed!  Jitte Raaitjie,  kyk hoe vlieg die tyd!  Die foto is pragtig!  Voorwaar 'n skatkisitem.

Hie-hie, dieselfde ding het deur my gedagtes geglip.  SĂȘ-nou-net...
Om te weet is om te verstaan.

Fransi


Ah Willa

Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w