• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

ons troue- met verjaarsdae, huweliksherdenking, kuiers ens

Started by adele, October 23, 2012, 12:18:17 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

dit was regtig 'n kosbare dag en naweek.
ons is in die kerk oppi dorp getroud maar ek het van die foto's voor die kapelletjie op die gasteplaas laat neem. onder is die hele klomp kinders by ons. almal is nie my eie nie...   
ek het ons ringe aan blomme vasgestrik.

:grommit:
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai


Fransi

 :hello:

Pragtig! Baie geluk en mag die jare vorentoe net so kosbaar wees.

PM

Baie hartlik geluk julle twiekies.  Adéle, jy lyk te pragtig!  

Wat 'n ou mooi plekkie is dit nie!  Baie dankie vir die deel matertjie.  
Om te weet is om te verstaan.

adele

Eben se dogter uit Nederland het ook hulle dogtertjie hier gedoop, haar skoonma kuier ook saam hierso.
adéle  :grommit:

PM

Dit is heerlik om alles so saam-saam te doen.  Dit is wat jy kry as jy trou.  :angel4: Baie familie en kleinkinders.   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

adele

hier is die detail op my rok, 'n kosbare vriendin het die rosies opgesit en die vriendin wat die ete by hulle gasteplaas aangebied het, het my rose op hierdie ou waaiertjie vasgemaak, die handskoentjies is baie jare gelede deur my eerste skoonma gehekel, my krale en oorbelle is deur my dogter gemaak.

:grommit:  
adéle  :grommit:

adele

dis waar, lief Petra, en ons is verskriklik geseend deur die feit dat ons kinders elkeen van ons oor en weer aanvaar en in ons geluk deel. hierdie Theron-familie is uitsonderlik geliefd.

:grommit:
adéle  :grommit:

PM

Alles is so fraai Adele.  Die appelkoos pas jou pragtig, jy straal vriendin!
Ek is so bly dat jy so gelukkig is.  Jy verdien dit.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

adele

ek moes darem iets skryf want dit loop mos oor uit my hart... my jongste seun het dit vir Eben voorgelees...


Skaam en skugter het hierdie vriendskap
sy eerste roosknop-treë gegee
'n oproep ... 'n sms
'n ontmoeting oor 'n koppie tee

oor en weer kuiers
het vreugdebotseltjies gebring
en baie aande het ons
'n tweejaar-leeftyd omgesels ...

... want hoe blom rose
wat nie van lentetyd af al
deurmekaar gerank het nie? ...

maar toe stap die dae aan
en word die weke maande
en nou, in hierdie laatsomer,
jubel al die rose ... weer vol in blom.


:grommit:  
adéle  :grommit:

PM

Dis pragtig vriendin.  Waarlik 'n dag met mooi herinneringe. 

Dit is mos maar so, waar die hart van vol is loop die mond van oor.
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

Ek dink ek het jou Kaapste visit gemis - of kom jy nog ...

ai dis die mooiste mooi fototjies die en ek lief die gedig ...

Jou rok is pragtig - ek mal-lief Appelkoos as 'n kleur en soos PM se dit pas pragtig by jou stralende JY!!

ek is saam bly oor jou nuwe liefde en ek bid God by julle twe wees, dag en nag!

Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

adele

baie dankie Willa.
ons was klaar daar onder, het die dinsdagmiddag wat julle besige dag was, by Trappies ingeloer maar kon nie weer Kaapstad toe gaan nie. ag, ek hoop daar kom weer eendag kans.

:grommit:
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai


Ah Willa

Ai - ja - dis die dag toe ons met Theo Reach to is - nog 'n paar moontlikehede om te ondersoek, maar ons kyk na R15,000.00 'n maand om hom te help om sy volle self te kan wees ... nie kleingeld vir armgatte nie hoor!  Maar God het 'n plan en 'n weg.

En ek is seker Hy het 'n plan vir jou om weer Kaap toe te kom en vir my om 'n trip af te maak Bloem - JHB/PTA om my beste maat wat besig is om te sterf te gaan groet en my peetpa wat ook nie meer onbeperkte tyd het nie en natuurlik al my lief maaitjies langs die pad drukkies te kan gaan gee
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w