Author Topic: Hoe betroubaar is jy?  (Read 3019 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Hoe betroubaar is jy?
« on: October 22, 2012, 10:12:20 AM »
Is jy altyd stiptelik?
Maak jy 'n afspraak en kom eers baie later daar aan sonder om te laat weet dat jy laat is?
Of vergeet jy net daarvan en sê "sorry"?

Kan jy verantwoordelikheid aanvaar? 
Weet jy wanneer jy 'n fout gemaak het en dan omverskoning vra, of beskuldig jy altyd iemand anders daarvoor, en/of het jy altyd 10 verskonings oor hoekom dit gebeur het?

As jy onderneem het om iets te doen, kan mense vertrou dat dit gedoen sal word, op tyd?

Wanneer jy 'n taak of 'n projek aanpak, maak jy dit dadelik klaar, of lê dit vir maande en sloer totdat jy besluit om dit tog maar nie te voltooi nie. 

Wat kan 'n mens nog insluit by "betroubaarheid"?
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Hoe betroubaar is jy?
« Reply #1 on: October 23, 2012, 01:00:19 AM »
Ek probeer my bes om die lysie wat jy genoem het, sover moontlik by my verantwoordelikhede te hou. Tyd is vir ons almal kosbaar so stiptelikheid is nogals iets wat ons waardeer. Beide van ons kant en gaste se kant  :icon_biggrin:

Verantwoordelikheid aanvaar ek maklik en onverskoning vra is nie vir my moeilik nie. As ek gedwonge nie by iets kon uitkom sal ek my verskoning aanbied en dit daar laat.

Met die onderneem van 'n taak of projek pleit ek skuldig met ons hangende projek hier op die forum  :icon_bigsmurf: andersins probeer ook weereens, waar moontlik my take voltooi met 'n passie.

Betroubaarheid is vir my ook vreeeeeslik belangrik in 'n verhouding/vriendskap.

Waardering uitgespreek wanneer van toepassing of net erkentlikheid is ook vir my as mens belangrik. As iemand my ignoreer wil ek weet hoekom want ek vertrou dat ons kommunikasie van so betroubare aard is, dat die persoon/persone my in die bek sou ruk as ek oorboord gegaan het.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hoe betroubaar is jy?
« Reply #2 on: October 23, 2012, 07:34:48 AM »
Daardie laaste punt is net so belangrik vir my.  Moenie my ook nie uitsluit nie asseblief.
Wees eerlik, sodoende wen jy my vertroue. 




Om te weet is om te verstaan.