• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Gevlerkte vrindjie vergaap hom aan al die nuwighede

Started by Meraai vannie Baai, October 19, 2012, 02:10:34 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai



Bloooos,  :icon_bigsmurf: ons het nog nie die watergaatjie se seilkante begrawe nie, so ek het ingerol, vasgepak met alles wat rondle vir eers tot Outop vanaand die krag en moed bymekaar gaan skraap om te begin met die afronding en begrawery. Terwyl ek my koffie sit en drink kom maak die ou 'n draai en toets my vaspakvermoe tot die uiterste deur op die voerbak te gaan sit! Gelukkig het ek kamera by die voete gehad en kon stadig afbuk en kliek en kom wys
:icon_biggrin:

PM

Dankie vir die deel Raaitjie, heerlik om so vroegdag in julle tuin te kuier.   :wave:
Die pappa-gaai lyk soos die standbeeld van 'n engel. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Bly jy kon saam geniet PM. Ek sien wat jy bedoel met die 'engelpapgaaitjie'. Gedog ek het hom gemis toe ek kliek. Wonderlik die verrassing toe ek sien sy weerkaatsing in die water is ook daar  :icon_biggrin:

PM

Ja, werklik pragtig.  Wie het nou sementbeelde nodig as jy vleis-en-bloed-beelde het.  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai