• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Spore in die sand

Started by PM, October 16, 2012, 10:22:44 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

ek weet die tarentale
én die fisante
was voor jou hier
toe stap jy in die rigting van die dam
by die karavaan verby
waar daardie rooikop bly
om met 'n wye draai
terug te swaai
na die ou groot boom
daar by die waterstroom
waar die blondine woon
ek kon sien dat eers 'n vlakvark
en toe 'n slang
nâ jou daar verby is
ek het gewonder
of jy bewus was
van die adder
wat daar geskuil het
soos die adder in jou hart
toe jy my verruil het.

ag my liefie
graag wil ek vir jou vertel
dat die pad na die dam
daar waar die rooikop bly
net 'n roete is om vir jou
die liefste mensie in my lewe
'n vissie vir ontbyt te vang
en daar by  die ou groot boom
daar by die waterstroom
waar die blondine woon
is waar ek elke dag
vir jou
die mooiste blommetjie pluk
en nee my lief
van 'n adder was ek nie bewus
omdat daar geen groter liefde is
as jy my lief
wees maar gerus

Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

Dis nou intersant ... sy praat en hy praat .... laat mens dink ja

Baie mooi gedig Petra
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

WOW!!!! Knak die knieg, lig die hoed en lees eers gou weer - dit is kreatief verby!!!

PM

Dankie julle twiekies.  Dit kort nog skaaf en skuur.  Is nog effens rou.   :icon_biggrin:
Ek bedoel die gedig is nog effens rou. 
Om te weet is om te verstaan.