Author Topic: Spore in die sand  (Read 2005 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Spore in die sand
« on: October 16, 2012, 09:22:44 PM »
ek weet die tarentale
én die fisante
was voor jou hier
toe stap jy in die rigting van die dam
by die karavaan verby
waar daardie rooikop bly
om met ‘n wye draai
terug te swaai
na die ou groot boom
daar by die waterstroom
waar die blondine woon
ek kon sien dat eers 'n vlakvark
en toe 'n slang
nâ jou daar verby is
ek het gewonder
of jy bewus was
van die adder
wat daar geskuil het
soos die adder in jou hart
toe jy my verruil het.

ag my liefie
graag wil ek vir jou vertel
dat die pad na die dam
daar waar die rooikop bly
net 'n roete is om vir jou
die liefste mensie in my lewe
'n vissie vir ontbyt te vang
en daar by  die ou groot boom
daar by die waterstroom
waar die blondine woon
is waar ek elke dag
vir jou
die mooiste blommetjie pluk
en nee my lief
van 'n adder was ek nie bewus
omdat daar geen groter liefde is
as jy my lief
wees maar gerus

« Last Edit: October 16, 2012, 09:40:24 PM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Spore in die sand
« Reply #1 on: October 17, 2012, 12:42:12 AM »
Dis nou intersant ... sy praat en hy praat .... laat mens dink ja

Baie mooi gedig Petra
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Spore in die sand
« Reply #2 on: October 17, 2012, 01:07:42 AM »
WOW!!!! Knak die knieg, lig die hoed en lees eers gou weer - dit is kreatief verby!!!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Spore in die sand
« Reply #3 on: October 17, 2012, 05:24:35 AM »
Dankie julle twiekies.  Dit kort nog skaaf en skuur.  Is nog effens rou.   :icon_biggrin:
Ek bedoel die gedig is nog effens rou. 
Om te weet is om te verstaan.