Author Topic: Haastag is nie altyd gou nie  (Read 4871 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Haastag is nie altyd gou nie
« on: October 05, 2012, 07:04:32 PM »
Ja haastag ( soos my ouma altyd geseg het) is nie altyd gou nie

Wie se skuld dit was weet ek nie en wat daar gebeur het weet ek nie maar ten minste 'n paar mense se lewens het vanoggend vinnig 'n verandering van glad verloop ondergaan.

Iemand was haastig en op 'n manier het 2 lorries mekaar gegroet by ons kruis op pad dorp toe en dit was die resultaat.

Die leë lorrie staan in die sloot en sy bek het seer gekry en is daar weggesleep.



Die ander lorrie het vol vrag gehad en 'n hele paar wingerd stokke verniel en sy vrag langs pad afgelaai.



dit was vanoggend so om en by 9 uur se kant wat dit gebeur het.

Ek het paar keer daar verby gery vandag en gesien die leë lorrie is later uitgetrek en weggesleep worcester toe.

Die ander een se vrag is eers langs di epad opgestapel en toe is die lorrie uitgetrek en langs die pad staan gemaak om weer die vrag te laai.





ek het 6 uur se kant weer daar verby gery en die vrag word toe vasgemaak en die lorrie se kop staan oop en die werktuigkundige krap daar in sy breins en die waaier staan op die dieseltenk. ek dink dit kan dlak nog 'n tydjie neem om weer op pad te kom.

dink net wat se ontwrigting is dit nou, vrag is laat, ander vrag wat gelaai moes word is ook nie gelaai nie, die eienaar van die leë lorrie is seker ook die maai in oor sy lorrie nou nie kan werk nie.

ek weet nie wie was die haastige een nie maar haastog was nie vir hom gou nie.
« Last Edit: October 05, 2012, 07:07:43 PM by AB »

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Haastag is nie altyd gou nie
« Reply #1 on: October 05, 2012, 11:35:03 PM »
Oi joi joi!!!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Haastag is nie altyd gou nie
« Reply #2 on: October 07, 2012, 04:44:03 AM »
Hoe meer haas hoe minder spoed nê.  Gelukkig is daar nie lewens verloor nie. 
Dankie vir die deel AB. 
Ek is jammer vir die ou wat nou die versekering moet nader vir die herstel van die heining en die wingerdstokke.  Hoop nie hy is by PSG konsult verseker nie.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Haastag is nie altyd gou nie
« Reply #3 on: October 07, 2012, 10:38:59 AM »
Die probleem met die stokke is, is dat hulle gewoonlik afgeskryf is kan nie ingeplant word as hulle dood is nie. Hopelik loop hulle darem weer uit. Mens kan nei 'n nuwe stok tussen ou wingerd plant nei wnat die grotes knou die kleintjie af met die dat hulle die water en kos steel en oor die sonlig agv oorskadu van die kleintjies en soos prof eben archer seg: ons moer met wortels en sonlig.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Haastag is nie altyd gou nie
« Reply #4 on: October 07, 2012, 12:14:22 PM »
Wys jou hoeveel ek nog moet leer. 
Ek sal maar duime vashou dat dit weer uitloop. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Haastag is nie altyd gou nie
« Reply #5 on: October 08, 2012, 06:04:09 AM »
Ongelukke gebeur.
Maar sommige kon vermy gewees het.
Soos hierdie een.
As elkeen die reels, geskrewe en ongeskrewe, nakom, sal miljoene minder ongelukke gebeur.
Een drywer met sy lorrie was op die verkeerde tyd op die verkeerde plek. Of was dit die regte plek op die verkeerde tyd?  Of regte plek en regte tyd op 'n ander ou se verkeerde tyd en verkeerde plek?  Bietjie deurmekaar ne?
Maar hulle sal maar moet explain.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Haastag is nie altyd gou nie
« Reply #6 on: October 08, 2012, 08:21:31 AM »
Dit klink vir my na die regte tyd op die verkeerde plek Elle.   :icon_biggrin:

Dit is erg hoeveel voetgangers en motorfietsryers hier in ons hoofstraat doodverongeluk het die laaste drie weke. 
Ons kleinkind is nou 14 en hy praat al klaar van 'n motorfiets.  Gelukkig hoef ek nie meer sulke besluite te neem nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Haastag is nie altyd gou nie
« Reply #7 on: October 08, 2012, 01:25:33 PM »
ek het vandag by die bestuurder van daai plaas gehoor wat gebeur het, die leë vragmotor se drywer was ts haastig en het by die stop stilgehou ( dis 'n kruispad) en toe hy weer ry, ry hy voor die aankomende lorrie in en die ry toe in hom vas en nou ja toe was haastig nie so gou nie.

motorfiets.....ek dink idt moet 'n baie lekker ryding/speelding wees maar nee dankie.....'n ryding sonder vensters en sonder dakliggie....dis vir seerkry. 

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Haastag is nie altyd gou nie
« Reply #8 on: October 09, 2012, 04:47:57 AM »
Jy laat my nou dink aan 'n kleinding wat baie skerp was.  (Hy is later oorlede)
Hy kon vreeslik baie vrae vra en dan antwoord ek hom later met: sommer
Eendag toe antwoord hy terug:  sommer is nie 'n rede nie want 'n motorfiets het nie deure nie. :icon_biggrin:
en nou kan ek byvoeg:  ook nie 'n dakliggie nie.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.