Ek sal 'n briefie uitstuur via die forum en net vra dat enige iemand wat sukkel om forum te kry of in te kom,
vir Andre e-mail by andre@trusoft.co.za sodat hy dit kan ondersoek en foute reg maak
daar was 'n probleem (daar is nog steeds) met die DNS host server company -
hulle het nie terug gekom na Andre nie - so hy het toe gaan oplees en self geleer hoe om DSN te host,
so nou is ons web/forum hosting servers ook 'n DSN hosting server - ek is maar bietjie blond en verstaan nie
veel van dit - so sal hom vra om te kom verduidelik ... maar so ver ek weet is dit opgelos
Het Rainman gekyk - jare terug - 'n baie mooi fliek!
Ons sien dit glad nie as 'n probleem nie - dalk 'n challenge - maar nei 'n problem of tragedie nie. Einstein was bes moontlik ook Autisties - hy het eers op 7 begin praat en op skool het hulle gese hy mors die onnies se tyd - meeste ouens wat die lewe verander het - was deur onnies en mense beskryf en beskou as tyd mors ....
Kyk bietjie die nota:
(Jy gaan op FB ingelog moet wees)
https://www.facebook.com/notes/theo-truter-autistic-ally-beautiful/to-everyone-who-are-dyslexic/325825670848578?ref=notif¬if_t=note_commentNS - ek gebruik ook nou die font fir dyslexic en dit help ongelooflik baie - alles lees nou baie makliker!! Daar is links na waar om die font af te laai vir jou rekenaar en ook hoe om dit op Chrome te installeer, dan lees alle websites met die font - maak nie saak wat die oorspronklike font is nie - awesome!!