• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

op pad na nerens

Started by Louis, May 20, 2011, 11:37:16 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

Louis

Ek onttrek my uit die gewoel
van verlate se metropool
waar tyd verbysnel teen slak-spoed
nou bevind ek my hier
kort duskant nerensfontein
in die kleurryke grou distrik van elders
iewers op die atlas van erens
bykans n hanetree van doer
waar amper en naby se paaie kruis
daar waar die magtige stof rivier
so byna byna vloei
waar verlore nooit gevind is nie
en ontvang het niks gekry
nou...

nou het ek verdwaal!!

PM

Pragtig,  ek geniet hierdie een nog meer! 

waar tyd verbysnel teen slak-spoed   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Trapsoetjie

Mooi, jy het die plek dan gekry, daar waar alles loop soos jy dit wil verloop.

Ek het baie van die een gehou, dit vloei vir my lekker as ek dit lees, en ek kan amper nie wag om uittevind hoe om daar te kom nie.

:angel12:

Angelica

Kry vir jou 'n GPS, Liewe Lewies. En kry daai plek.  :angel8:
elle

adele

ek het sommer hier afgeklim op my forumtoer en
is oorhoeks verlore oor die manier waarop jy teenoorgesteldes saamgegooi het,
dit is 'n pragtige lekkerleesgedig

:grommit:

adéle  :grommit:

PM

Ek stem,  ek geniet Louis se skryfwerk,  hy mag maar, want hy kan.
Om te weet is om te verstaan.