Author Topic: net twee jare saam  (Read 4836 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
net twee jare saam
« on: September 12, 2012, 05:05:54 PM »

Dit was amper vieruur; huistoegaantyd toe die naguiltjie [sms] my roep:
2 messe
2 vurke
skinkbord en nog ’n item of twee…
toe nog ’n opvolg-opdrag-sms
en water
en vuurhoutjies

Huh?

Maar opgewondenheid het my weer kind laat voel – want sien – ons ken mekaar vandag presies twee jaar. Ek was nog skaars in die huis toe hy agter my stilhou. Gou-gou kantoordrag verruil vir iets meer vroulik, alles ingepak en na ons hoekie by die wildreservaat se uitkykpunt verkas. By die hek mooi vir Andries gevra om ons nie toe te sluit as ons dalk ’n minuut of twee laat is nie.

Daarbo het die vaalstilte teen die westerkim weerkaats, maar ve-e-er onder teen die waterkant het elande, springbokke en ’n renoster gewei. Blomme… vol ongesproke woorde met die vermoë om my oë te laat dof. Ons het al klaar geëet toe die son eers gesak het. Anderdag het vaderSon hom aangejaag om my vinger te ring…

Dit was toe ons opstap parkeerarea toe, dat ons in verwondering moes stilstaan. Nie vyftig treë ver het Kameelperd ons ingewag, sy nuuskierigheid kon hy skaars wegsteek. Ek het seker tot binne dertig treë van hom af ge-stadig-stap voor hy met ingebore grasie, neus in die lug, weggestap het. Koedoe se kind en die rietbokke was net so rustig.
O ja, ons was net betyds by die hek sodat Andries, [al meer as dertig jaar hekwag daar] met sy beplooide gesig en groot glimlag, die hekke agter ons kon sluit.

 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: net twee jare saam
« Reply #1 on: September 12, 2012, 05:16:34 PM »
Kosbaar.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: net twee jare saam
« Reply #2 on: September 13, 2012, 07:29:07 AM »
Baie dankie vir die deel Adéle.  Dit is 'n voorreg om so naby die natuur te lewe. 
♪♪♪Wanneer kom ons troudag ...♪♪♪
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: net twee jare saam
« Reply #3 on: September 13, 2012, 08:45:59 AM »
staan en dink ek nou aan iets...
ja, die troudag is naby en ek soek "kombuistee" van julle af nl. 'n gediggie van elkeen. dan kan ek dit in my album plak.

ons trou in Oktober, as die Here so wil, sondagoggend in die kerk [nog biki onsekerheid oor presies hoe laat en waar] dan gaan ons en ons klomp kiddies en hulle maats by 'n gastehuis eet.['n onthaal is finansieel nie haalbaar nie] Eben se dogter en haar gesin kom die vrydag hier aan uit Nederland uit en dan gaan hulle ook hulle baba doop en dis ook haar man en Eben se verjaarsdae daardie naweek, so dit gaan biki dol gaan, dink tog aan my...

 :grommit:
« Last Edit: September 13, 2012, 08:52:29 AM by adele »
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: net twee jare saam
« Reply #4 on: September 14, 2012, 01:46:15 AM »
Dit is wonderlike nuus Adéle.  Baie geluk matertjie.  Jy sal my gediggie kry.  Noem 'n spertyd en 'n onderwerp.
Ek sal beslis aan julle dink en ek hoop ons kry 'n paar klikbekkies om te kom vertel. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: net twee jare saam
« Reply #5 on: September 14, 2012, 04:55:50 AM »
 :angel8: Baie baie geluk. Plekkie vooruit geboek vir die klikbekbewyse  :love7: :hello2:

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: net twee jare saam
« Reply #6 on: September 15, 2012, 07:54:20 PM »
mmmmmm, 'n datum.... dit maak nie presies saak nie, ek sal seker laat vanjaar alles wil boek-album, foto's, briefies, ag, word mens ooit te groot vir sulke onthou-sentimente en herinneringe?
ons trou die 21ste Okt, DV
dan!!! o ja, daardie week daarna hoop ek maters Naas en Trappies en Elsabe is lus om 'n kuier te reel... ons gaan aftoer na die suidelikste punt van ons mooiste land en ek wil graag saam met julle kuier....kan dit, net baie dalkies...gereel word? mmmm?

maar jy moet seblief ook ietsie op 'n fotokie griffel, Meraai

 :grommit:
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: net twee jare saam
« Reply #7 on: September 16, 2012, 02:13:01 AM »
O jaaaa ek lieffff griffel. Sal beslis  :love7: :hello2: