Ag nee, ek sien my komtaartjie oor die olie is nie geplaas nie. Ek is so bly ek is nie 'n man nie, want ek sou vergeet het om my broek vas te maak.
Dankie vir die raat oor die olies Fransi. Ek ken Tea-Tree-olie en produkte en dit werk goed. Moes Patchouli gaan googel want ek het niks daarvan geweet nie.
Laat weet vir ons jou webtuiste se adres sodat ons daar kan gaan kuier.
Ek is mal oor jasmyn en gaan ook vir my 'n mooi sterk plant soek. Soms verlang ek na ons ou huis met 'n passie. Daar het ons meer as 30 jaar gebly en my tuin was vol van alles waaroor ek mal is. Nou word dit verhuur en huurders het nie 'n saak met 'n ander ou se huis of tuin nie.
Engeltjie, ek en beelde, bome, plante, klippe en stompe is onafskeidbaar.
Het myself belowe dat ek al die plante wat in potte staan gaan uitplant in die grond. Ha-ha, daar is seker nog 50 potte wat uitgeplant moet word, maar ek ken myself, elke potjie sal gou weer 'n inwoner vind.
So paar weke gelede het ons op 'n kwekery afgekom wat ernstig verwaarloos is. Daar het ek 'n groot houer met 200 peterselie plantjies gekoop vir R110.00. 'n Winskoop as jy dink dat een plantjie R20.00 kos by ons kwekery.
Toe ek dit in groter potjies uitplant was daar in baie gaatjies 4 plantjies elk. Ek was natuurlik hoog in my skik.
Daar is niks so lekker as om 'n plantjie persent te gee nie.
Fransi, ek sou graag daardie Jasmyn met die beeldjie wil sien sodra jy dit gekry het.
Gister het ons iemand gekry wat 'n kwotasie kom gee het om die sementmuurtjie in ons kuierplek onder die groot avo-boom te kom oor doen. Die water het van die pleister laat afval en dit moes
afgekop afgekap en oor gepleister word. Toe Hannes vir die ou vra wanneer kan hy dit kom doen toe antwoord hy, sommer nou. Ja sowaar, gistermiddag drie uur toe is hulle klaar. Twee van hulle. Nou kan dit Woensdag geverf word. Roesbruin. Oeps! Ek voel baie braaf.