Dit help beslis as jy effens verstrooid is. 'n Mens moet egter dan gereeld 'n ogie gooi om seker te maak daar is genoeg in jou bankspens, sodat jy nie op die ou end boetes betaal nie. Baie gerieflik. Daar is egter soms plekke wat dan skelm-skelm jou rekening uitroei deur meer as eenkeer 'n maand af te trek d.m.v. verskillende bedrae. Die enigste raad is om dan maar daardie rekening toe te maak en 'n nuwe een te skep. Dit het ookal gebeur dat een nie deurgegaan het nie en ek salig onbewus gedink het dat ek ekstra spaarsamig met my geld gewerk het, totdat die oproepe gekom het.
Ek dink as jy baie aftrekkings het en nie 'n begrotingsboekie nie, is dit seker ook gerieflik om na die aftrekkings deur is te kyk hoeveel jy oor het om te kan spandeer.
Tans is dit net die versekering vir my karretjie wat hieronder val. Dit is nou meer van hand na mond. :-)