• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Wat geld nie kan koop nie

Started by PM, September 08, 2012, 09:36:20 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

'n Paar spreuke, die oorsprong is van Die Nederlanders. 

Geld kan vir jou 'n huis koop, maar nie 'n woning nie.

Dit kan vir jou 'n horlosie koop, maar nie tyd nie.

'n Bed, maar nie slaap nie.

Geld kan vir jou 'n boek koop, maar nie kennis nie.

Dit kan vir jou 'n dokter voorsien, maar nie gesondheid nie.

Kan vir jou 'n posisie gee maar nie respek verdien nie.

Geld kan vir jou bloed koop, maar nie lewe nie.

Sex, maar nie liefde nie.

Wat kan ons nog byvoeg

Geld kan vir jou 'n mooi kis koop, maar nie ewige rus nie. 

Dit kan vir jou skatte koop, maar nie geluk nie. 



Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Lekker gewees om hierdie raak te lees  :bootyshake: Sal bietjie probeer dink oor nog  :dontknow: kan nou aan net mooi niks nog dink nie LOL!

Meraai vannie Baai

Ek krap nog steeds kop, jy het alreeds soveel wyse waarhede gedeel oor die onderwerp. Ek weet een ding sonder twyfel, ek het regtig egtig net omtrent 25 sent op my naam, maar al die geld in die wereld kan nie my huweliksgeluk koop nie.

:notworthy: :love7: :hello2:

PM

Dit is voorregte soos hierdie wat geld nie kan koop nie liefste Raaitjie.
Om te weet is om te verstaan.

Assie

Geld kan 'n kant la bou
Maar nie intelegensie skep nie.

Vernietgeld kan 'n beursie vul
Maar arbeid hou 'n magie vol.

:mumum:

PM

'n Paar spreuke, die oorsprong is van Die Nederlanders. Geld kan vir jou 'n huis koop, maar nie 'n woning nie.Dit kan vir jou 'n horlosie koop, maar nie tyd nie.'n Bed, maar nie slaap nie.Geld kan vir jou 'n boek koop, maar nie kennis nie.Dit kan vir jou 'n dokter voorsien, maar nie gesondheid nie.Kan vir jou 'n posisie gee maar nie respek verdien nie.Geld kan vir jou bloed koop, maar nie lewe nie.Sex, maar nie liefde nie.Wat kan ons nog byvoeg? Geld kan vir jou 'n mooi kis koop, maar nie ewige rus nie. Dit kan vir jou skatte koop, maar nie geluk nie.
Om te weet is om te verstaan.

PM

Al die geld in die wereld kan nie vir jou selfrespek koop nie.  Jou goeie naam sal jou vooruitloop.  Dit kan geld nie vir jou koop nie. Eerliheid lê in jou gene, nie in jou bankrekening nie. 
Om te weet is om te verstaan.