Glimlag ek vir jou "ge-skade het".
As die fondasies gesak het, in so 'n mate dat dit nie meer veilig is nie, sal daar op die hoeke van die huis, gate gegrou moet word, onder die bestaande fondasie in. Daar word dan sement ingepomp om die fondasie te stut.
Ek hoop van harte dat dit nie nodig sal wees nie, want dan gaan jy 'n groot gemors sien.
Die huis is darem al 'n hele paar jaar oud en daardie tyd was nog goeie fondasies gegrou en met goeie sement opgevul.
Drieuur vanmiddag. Dit voel soos 'n ewigheid wat ons gewag het vir die konstuksie-ingeneur. Vandag is die dag.
Gister seg iemand vir my, as dit sy huis was het hy dit verkoop. My antwoord: Is jy nou verspot? Ons moet net nog die fondasies, dakbalke en die krag uitsorteer dan is die huis so goed soos nuut. As ons dan nuwe kaste en teels ingesit het, alles mooi geverf het, dan is huisie die mooiste huisie in die buurt.
Dankie vir die bemoediging Adéle. Elke drukkie help.