• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Bouery by skool vir dowes

Started by AB, September 01, 2012, 08:59:48 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

AB

Quote from: PM on September 05, 2012, 08:59:59 AM
Op die platteland is daar nog lewe buite die kassie.  Of dit nou 'n selfoonkassie of 'n tv-kassie of 'n rekenaarkassie is, dit bly 'n kassie.   :icon_biggrin:
Hier in die stede gaan dit net kassie-kassie.  'n Mens sien ook hoe die kinders soos kassies begin lyk omdat daar nie aktiwiteit is nie. 


stem ek 100% saam met al 2 stellings.

Meraai vannie Baai


AB

gister so skramsweg op die draadloos gehoor dat een van die redes waarom met dissiplinne gesukkel word op die skool is oorlat die kinders nie buite speel en energie verbrand nie.

PM

Dit het dalk ook te doen met verpligtinge.  Toe ons kinders was, was daar 'n klomp goed waarvoor jy verantwoordelik was.  Daar is min kinders wat vandag in die huis en tuin help.  Hulle kassie-kassie net.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#19
Kassie-kassie

Op die platteland
is daar nog lewe
buite die kassie.  

Hier in die stede
gaan dit net
kassie-kassie.

Of dit nou 'n selfoonkassie;
'n tv-kassie of 'n rekenaarkassie is,
dit bly 'n kassie.

PM  :icon_biggrin: :notworthy: :book1: Herhaalde titel- & digter's eggo struktuur

PM

Skote!  :icon_biggrin:

Daar doen jy dit weer!   :headbang:  :hello2:
Raaitjie, ek dink ek het hierdie deel van die woordskuur die meeste gemis. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Die wonder van 'n woordgeboorte op verskeie erwe, is altyd vir my 'n fees  :bootyshake: Sonder julle kommentare daar wat soms heel ander rigting inslaan, soos hier - is my hande afgekap en bly die afdelings leeg in die skuur!

PM

Dit is so ja.  Dalk gaan dit gou beter met al ons ander matertjies, dan kom kuier hulle weer saam.  Ek mis hulle skryfseltjies. 

Ek gee nie om vir die afdraaipaadjies nie.  Normaalweg sit 'n mens mos nie en gesels oor een onderwerp nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek geniet dit om te sien hoe die geselsskap ontwikkel en toer heerlik tussen die woorde saam met julle. Kan soms maar alleen wees in die dag en altyd vreugde om jou raak te loop. Wonder ek net wanneer slaap jy dan?  :icon_scratch:  :icon_biggrin:

PM

O nee, ek het lankal klaar geslaap.  So vier ure 'n nag is genoeg vir my op voorwaarde ek kry so twee nagte 'n week ses ure in. 
Die reën het my wakker gemaak en dan slaap ek nie weer nie.  My kop is te besig.  Wie slaap dan nou as dit die eerste reen van die seisoen is.  Dit het behoorlik gekletter, vol haelkorreltjies.  Ons sal maar more sien of dit skade gedoen het, maar ek glo nie. 

Ek is ook dankbaar vir die geselsies.  Daarsonder is dit baie stil. 
Om te weet is om te verstaan.