Bak en brou > Kruie en speserye

Kruie en speserye

(1/4) > >>

PM:
Ek het altyd 'n styd met die gebruike van kruie en speserye.  Hier is 'n lysie en as julle nog het om by te voeg sal ek dit waardeer.  Ek sal dit van tyd tot tyd op die lysie kom plaas.  

Basiliekruid (Basil) - Tamatie, eier, kaas, skaap, visgeregte en slaaie
Borrie (Turmeric) - Kerrie, geelrys
Bronslaai (Watercress) - Slaaie
Chilli - Sterk gegeurde vleis-, vis en groentegeregte
Dragon (Tarragon) - Lamvleis, souse en piekels
Dille (Dill)  - piekels, slaaisous, vis- en eiergeregte, ook op toebroodjies. Plaas 'n paar dill saadjies in 'n bakkie om te kou na ete.  
Foelie (Mace) - Bredies, frikkadelle, roomsouse, hoendervulsels en vrugtekoeke
Gemmer (Ginger) - Soetgebak, kerrie en soet-suur vleisgeregte
Grasuie (Chives) - Slaaie, sop, souse en doopsouse
Kaneel (Cinnamon) - Souse en vrugtegeregte, soetpatats, -pampoen, nageregte, soetgebak
Kappertjiesaad (Capers) - Vis- en ander seekosse
Knoffel (Garlic) - Vleis, vis, groente en slaaie
Koljander (Coriander) - Vleis, droƫwors en biltong
Lourierblare (Bay leaves) - Sop, bredies, maalvleis, bobotie, piekels, vis en pastas
Ment (Mint) - Groente, vis en skaapgeregte
Moederkruid (Marjoram) - Sop, bredies and vleisvulsels
Mostert (Mustard) - Vleis, vis, groente, souse en sop
Naeltjies (Cloves) - Hoender-, bees- vark-, vis- en wildsvleisgeregte
Neutmuskaat (Nutmeg) - Vleis, groente en soetgebak
Oreganum (Oregano) - Sop, bredies, slaaie, Italiaanse geregte o.a. pizzas en pastas (wat tamatie bevat) is heerlik op 'n tamatietoebroodjie
Paprika - Vleisgeregte, groente en slaaie
Peperwortel (Horseradish) - Gebraaide bees en skaap
Petersielie (Parsley) - Sop, vleis, vis, groente, soutgebak, pastas en slaaie
Pimento (Allspice) - Bredies
Rissiepeper (Cayene pepper) - Kaas- en eiergeregte
Roosmaryn (Rosemary) - Vleisgeregte, hoender, sop en souse
Safraan (Saffron) - Rys, vulsels en vleis
Salie (Sage) - Vulsels vir vleis en hoender
Tiemie (Thyme) - Vleis (skaap en hoender), groente en sop
Vinkel (Fennel) - Groente, slaaie en visgeregte

Fransi:
Nou toe noe, ek het nie geweet sage is salie in Afrikaans nie. Ek het dit in my kruie tuintjie en dit ruik vir my lieflik.

PM:
Ek dink ook sonder my kruie tuintjie sou my kos maar sleg vierde gekom het.   :icon_biggrin:
Daar is sekerlik ook 'n plekkie vir kruie wat medisinale eienskappe het.  As almal nou hul kennis kom deel is ons een van die dae volleerd.   :icon_biggrin:

Meraai vannie Baai:
Trippel ek geurig op en af  :notworthy: :icon_salut:

PM:
Toe ek nou die dag sop gekook het, het ek die selderyblare van die "stompie" afgesny en dit in 'n bakkie water gesit.  Daar is nou al 5 nuwe blaartjies aan.  Die selderystingels het ek in 'n blomvaas gesit en dit is nou nog mooi en groen.  Volgende keer sal ek net dit wat ek nodig het afsny en die res in 'n vaas met water plaas.

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version