Bak en brou > Kruie en speserye

Kruie en speserye

<< < (2/4) > >>

adele:

'n dekade of twee gelede het ek Reeva se produkte gesmous, velsorg en grimering, wens ek kan dit weer gebruik want dit is met kruie gevul. hulle velverfrisser, [tonic] bevat 'fennel' dit is vinkel, en is die enigste middel wat ek nog ooit beleef het wat op 'n natuurlike manier, ekseem en veluitslag agv droe' toestande, kon verlig. menige ma het by my ingekom met ';n kleinding met rooi, seer wange en dan het ek eerste van daardie 'fennel' daarop gesit.

 :grommit: 







PM:
Dalk kan ons na 'n resep soek om ons eie vinkeltonikum te maak.  Dit behoort maklik te wees.  Of dalk kan Fransi dit maak en ons kan by haar bestel.   :icon_biggrin:

Fransi:
Dit is baie interessant. Ek het al vir my 'n rooswater en witch hazel velverfrisser gemaak, maar ek sal beslis die fennel/vinkel probeer.

PM:
Kan mens nie sommer van alles 'n bietjie gebruik nie?   :icon_biggrin:  Ek weet maar baie min van hierdie onderwerp af en sal graag wil leer.  Nie om dit self te doen nie, net om ingelig te wees. 

Meraai vannie Baai:
Diekant van die aardbol is die oues van dae op baie streng 'geen-dit-geen-dat-dieet'. En dit sluit sout in. Mag tikkie kruie gebruik wat nie sout of chillie bevat nie vertel die dieetkundige ons. Is DIT 'n mission  :icon_biggrin: Amper alles wat geur en kleur gee het daai sondebokke in. Toe begin Outop eksperimenteer en meng 'n ding wat smaak gee maar sout skort. Gisteraand ons eerste dis gehad wat gedokter was met die spulletjie. Vreemd. Maar dis in  :toothy4: Sal name kry en kom deel.

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

[*] Previous page

Go to full version