Author Topic: En ons sê dankie, baie baie dankie!  (Read 1978 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
En ons sê dankie, baie baie dankie!
« on: August 30, 2012, 09:45:39 PM »
Naas, ek en Hannes wil net graag baie baie dankie sê vir al jou moeite.  Dankie dat jy vir Ouma Naas 'n ruiker gaan koop het en dit afgelewer het.  Baie baie dankie vir Elmarie wat vir Oumatjie so bederf met 'n lekker bad en insmeer en gerieflik maak.  Baie dankie dat julle omsien na haar spesiale eetbehoeftes. 
Ons het weer met haar gepraat vanaand en sy klink soveel beter en ek kan nie in woorde vir jou sê hoe dankbaar ons is nie.  As dit nie vir spesiale mense soos julle is nie, sou dit die lewe vir ons baie moeilik gemaak het. 
Weet net dat ons lief is vir julle. 
Daardie lieflike mensie het so 'n groot inpak op ons lewens gemaak.  Ons is intens lief vir haar en vir julle. 
 :love7:
 :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: En ons sê dankie, baie baie dankie!
« Reply #1 on: August 30, 2012, 11:46:05 PM »
Ek kom ook my dankie hier neersit. Drukkie vir almal wat so kosbaar is  :love7: