• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Oomblikke uit ons wegloopwekie

Started by Meraai vannie Baai, August 28, 2012, 05:19:33 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.


PM

O dit is pragtig Raaitjie en jy het dit so vernuftig saamgestel. 
Dit lyk so rustig en vredevol en 'n mens kan sommer jou siel volmaak. 
Baie dankie vir die deel.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai



Bly jy het saam geniet matertjie!

*soms kaalvoet in 4 x 4 mode gegaan maar ek is nie verniet afstammeling van die Voortrekkers nie. Vergewe die onvleiende hoek waaruit Outop die terugkoms vasgevang het. Moes maar skoene uitskop anders was ek en kamera - pens, lens en pootjies in die yskoue bergstroom! Hy spot juis dat hy dog die waters het seekoeie in LOL!
Die foto van die treurende rotsfamilie moes net verewig word.

PM

#3
 :hello2:  Hier is nog!

Dit is 'n kosbare hoek Raaitjie.   :toothy4: 4X4 en kaalvoet, maar beslis die moeite werd vir 'n klikkie.
Goeiste, julle sal 'n hyskraan nodig kry om my teen daardie styl opdraende uit te kry.  :icon_scratch:
Seg vir Outop:  "Watch it!"
kamera - pens, lens en pootjies  boektoe.
Om te weet is om te verstaan.


Meraai vannie Baai

#5
Iemand dors? Seker ek het 'n paar kamele ook gesien  :toothy4:


PM

Ek is dors vir koffie, wag ek skink gou vir ons.  Hier is beskuit!  O vrek nee wag, ek sal vir jou 'n vrugtesappie moet gee, met gemmerkoekies, of is dit al tyd vir 'n pienketjie daar by julle?

Julle lyk so lief en rustig en gesellig om die vuurtjie en die bome se lang skaduwees en weerkaatsings vertel hul eie verhaal.  Digterlik mooi. 

Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Drie minute oor een die middag diekant. Ons maak tyd vir 'n pienkding  :icon_biggrin: As ek nie nou ophou kuier tussen lyne en klikkies gaan Outop sy eie tassie moet kom pak binnekort en is ek in die moeilikheid! Wonderlike dag vir jou liefste mater. Sien weer so na die einde van die week hoor!  :love7:

PM

Sterkte matertjie, ry mooi en kom veilig terug.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai


AB

dankie rita vir die prentjies

ek is bly om te sien jys weer op die agterpote en doen weer wat lekker is en waarvan jy hou.

groete vir die man in jou lewe en geniet daai tydjies saam in die veld.

Fransi

So mooi. Oomblikke van vrede en verwondering.

Elizabeth

Dis lieflik! Heerlike saamweestye!

Meraai vannie Baai

Saamwees en saamgeniet is kosbaar verby ne  :love7: Bly julle het ook geniet maters!!

PM

Welkom terug matertjie.  Ek hoop dit was nie 'n te nare ervaring nie.   
Om te weet is om te verstaan.