Author Topic: Die melkman  (Read 6176 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Die melkman
« on: August 27, 2012, 07:22:20 AM »
Saterdagoggend skakel vriende met 'n krisis en ons is inderhaas hier weg om net "gou" te gaan help.  Ons het toe net vanoggend voor die melkman by die huis gekom.  Baie moeg, maar baie tevrede. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Die melkman
« Reply #1 on: August 27, 2012, 11:29:41 PM »
..net voor die melkman  :icon_biggrin: Sien ek nou mooi glasbottels en blinke kleingeld binne in en ek kyk trots na die weerkaatsing van twee engele vrinne  :love7:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die melkman
« Reply #2 on: August 28, 2012, 04:45:14 AM »
Praat jy van ons?   :icon_biggrin:  Jy stel dit so mooi.
Dit was nog goeie dae daardie, die melkafleweringsdae.  Wat was dit? 'n 20c stuk vir 'n liter melk?  Afgelewer voor jou deur! 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Die melkman
« Reply #3 on: August 28, 2012, 04:56:45 AM »
Einste julle twietjies matertjie. Ek dink jy is reg, dit was in daardie omgewing rond. Wat koop mens vandag vir 20sent?  :icon_scratch: Krap ek nou kop en toe onthou ek! Hier by ons kan ek twee kinderboekies by die sendingwinkel koop  vir dit. Kale tien sent vir 'n volkleurboekie. Het rakke vol vir ons kabouters gekoop. Grootste geskenk vir 'next to nothing'  :love7:
« Last Edit: August 28, 2012, 05:04:08 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die melkman
« Reply #4 on: August 28, 2012, 05:00:57 AM »
Ek dink ons sal net 'n Chappie daarvoor kan kry. 
Daardie jare het die smous ook nog verby gekom met sy groente en vrugte trollie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Die melkman
« Reply #5 on: October 11, 2021, 01:37:27 PM »
Ek dink ons sal net 'n Chappie daarvoor kan kry. 
Daardie jare het die smous ook nog verby gekom met sy groente en vrugte trollie. 
- I.D. du Plessis (Kaalvoet klonkie)

Verflenterde kaalvoet klonkie
Wat groente verkoop in die reën,
Met jou lelike skurwe tone
En jou lendelam hoepelbeen,
Jy kom met jou venterliedjie
Deur die mistige Kaapse straat
En helder sing jy die woorde
Op jou eie koddige maat:

Lekka, lekka ywe,
Laat die ghantang nader skywe!
Tamaties en ywe so vars van die Strand
En baie kiri slam by die hys se kant!

Jy kom uit ’n deel van Kanaldorp
Waar die dienders gewapend moet gaan
En die weerlig van ’n skeermeslem
In ’n donker hoek neer mag slaan.
Miskien kon jy “Bismillah” sê
Vanmôre, omdat in die kas
Wat dae lank so leeg moet bly,
Daar weer ’n broodjie was?
Of dink jy al aan Nuwejaar
As die troepe deur Waalstraat stroom
Van die Bo-Kaap na die Onder-Kaap
Langs die stomp van die Slaweboom?
Is dit wat jou so laat bokspring
En dans op jou hoepelbeen,
Verflenterde kaalvoet klonkie,
As jy groente verkoop in die reën?
Ek hou van die vrolike klanke
Waarmee jy die winter tart.
Sing jy hierdie ligte deuntjie
Bo ’n somberte in jou hart?
En as jy óp na die Boereplein
Met jou boepens-mandjie gaan,
Dan trek jou parmantige liedjie
Deur die strate agter jou aan:

Lekka, lekka ywe,
Laat die ghantang nader skywe!
Tamaties en ywe vars van die Strand
En baie kiri slam by die hys se kant!
- I.D. du Plessis (Kaalvoet klonkie)

« Last Edit: October 11, 2021, 01:41:49 PM by Naas »
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die melkman
« Reply #6 on: October 14, 2021, 09:09:17 PM »
Wonderlik!  Ek lief ons skrywers.  Hierdie is goudseltjies wat ek styf teen my hart hou.  Dankie vir die plaas Naas. 
Om te weet is om te verstaan.