• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Breiwerk

Started by Naas, August 26, 2012, 02:17:45 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

Klik klak, klikketie klak, klik klak...
taam po ennep eid iaaws seimtiR
en onder rek die patroon al langer
.yrk eikkelp eie ys keets ekle soos
Haar hande gekrom van ouderdom
sregniv rued low gidneheb feew
om vorm aan trui patroon te gee.
.kenlor ,smra ,tnapretga ,tnaprooV
Steek na steek word rye van liefde
uokretniw neet etmraw ni tisegmo
en nou gekoester in die wolkoekon
diehnegrobeg edervet eid ke raavre
Soos ongeborene in moederskoot.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Ek is mal oor jou "regs - aweregs" gedig Naas.   :hello2:  Dit is met soveel deernis geskryf en ek sien die dierbare Ouma Naas daaragter die penne.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Dit is een van die kreatiefste woordskeppings wat ek in laaaaaank se tyd gelees het!!! Voorwaar 'n regs - aweregs vorm!!  :hello2: :notworthy: :love7: :book1: dit was juis 'n foto van ouma Naas met haar handgebreie trui wat my hart gesteel het lank gelede!

Fransi

So waar Meraai. Elke keer wat ek hierdie gedig lees is ek vol verwondering.

Gawelina

Ek kon my oge nie glo nie.  Eers dog ek Naas het te diep in die merrisynebottel gekyk, maar toe slaan my gedaaide blonde koppie oop en sien ek hoe vernuftig die man was.  Dis uitstekend!  Ek het ook dadelik vir oumatjie gesien.  Sy moet weer 'n slag kom kuier dat ek van my 4-draad wolle kan ontslae raak.


Naas

Slaan die harseer my nou met 'n breinaald...  :crybaby2:



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Jammer matertjie.  Jy mag maar hartseer wees, sy is elke traan werd. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#8
Dit is so0000 pragtig saamgestel Naas, ek het gesluk teen die trane toe ek die struktuur ook gaan uitstal by die strukture afdeling vir bewaring. :love7: :crybaby2:

Naas

Ek is maar net een, maar ek ís een.

Angelica

Ai jai jaaai...
Ouma Naas.  Ek onthou haar daar bo in die lug by PM en Hannes toe hulle daar in Blouberg gebly het.   :crybaby2:
elle

PM

Ouma Naas het vir my 'n rok gebrei.  Julle wat my ken weet dit is 'n groot rok.  Die rok het lang moue.  Julle weet mos ek het lang arms.  Dit is 'n laaaang rok, dit kom tot op my tone.  Dit is die grootste liefdestaak wat iemand nog ooit vir my gedoen het.  As ek na my Ouma Naas verlang, dan gryp ek my rok en ek bêre my gatsig daarin en dan tjank ek soos 'n wolf vir die maan.  Al wat ek wou sê is dat ek verstaan dat die hartseer 'n mens deur 'n breinaald kan bykom.   :crybaby2:
Om te weet is om te verstaan.

Anastasia

Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Meraai vannie Baai

Toetentaal en al uniek ne  :love7: :hello2: :notworthy: