Padkaart ogies kyk verdwaald,
uit fokus uit in die verskiet.
Sy lippe prewel ommoertaal
en vertrek in al ko hol verdriet.
Langs hom sit sy vrou en slinger
Op maat van bottelsiek.
Sterk gedrink en hoog vertoorn,
Oom Tas het mos geen briek.
Rede wat in druif se sap verdrink
gee die spykerhaak vir vrou
en dryf die witwyndraak
tot daardie goedgemikte hou.
Die spykerhaak kom af,
tref die dronkaard op sy kroon.
Sy sixpack word ‘n papsak
En hy tuimel uit sy troon.
Skielik sien die witwyndraak
haar ridder is verslaan.
Die bottelsiek sit om in heimwee,
en met begrip van verstaan
wieg sy hom in haar skoot.
Smeek sy dat hy tog nie sal dood.
Al brand die drank ons toorn,
al suip ons tier se melk.
Die liefde is in ons almal,
In ieder en in elk.
