• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Hang Tien!

Started by Naas, May 18, 2011, 09:07:01 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

Hang tien

Ritmies trek my arms
lings, regs, lings, regs
die branders in.

Voel die bewing onder my
soos my plank die see in gly,
Lings, regs, lings, regs
Verder, dieper, wagtend.

Dan staan hy voor my op,
hy is perfek vir my.
Ek draai my plank en wag vir hom.

Voel die plank se stert wat lig.
Een, twee, drie, vier hale met die arms
dan regop op die plank.
Vinniger, afdraend, jagend.

Die spoedwind streel my wange droog,
hare nat, sliertend agterna.
Blitsnel langs die waterwand.

So stootjaag die brander my
teen kop-af dolle vaart.
Op en af ry ek hom
wyl die sand al nader kom.

Skielik gee hy op,
verander in 'n kalfie en gaan lê
wyl ek stadig strand toe dryf.

Dan draai ek om en
ritmies trek my arms
lings, regs, lings, regs
die branders in.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Angelica

Jou Titel het my dadelik aan 'Hang Ten' laat dink en daarom branderplankry.
:angel8:
elle

PM

Dit is uitstekend geskryf Naas.  Ek beleef die hele episode.   :notworthy:

Julle twee kuier liederlik vroeg in die oggend!   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

PM

Ek verlang na my mense in die Kaap! 
Om te weet is om te verstaan.