Author Topic: Die tokkelossie  (Read 4461 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Die tokkelossie
« on: August 24, 2012, 12:19:25 PM »
'n Storiegedig.

Voorwoord:
As kind op die plaas het ek dikwels my vader se “tokkelossiefrustrasies” ervaar. Alhoewel die meeste mense werklik ‘n groot vrees vir die Tokkelossie gehad het, was daar tog dié wat hom dikwels as skans gebruik het, aldus my vader.

Niemand kon presies verduidelik hoe die Tokkelossie lyk nie, maar die beskrywings was min of meer dieselfde. Klein, kort, swart, harig, half mens- half bobbejaangesig met groot bobbejaanhande, maar hy het nie voete gehad nie. Jy kon hom hoor as hy loop, so klop-klop op die stompies-bene.
Hy kon “met een klap ‘n man laat agtertoe kyk”. (Nek omdraai)
Die mense het hulle beddens op stene gepak sodat die Tokkelossie nie op die bed kon klim nie, maar hy kon op die dak klim om sekere mense wat die volgende oggend gô-uit was, uit die slaap te hou met sy lawaai. Growwe sout sou help om die ding voor die deur of van die dak af te hou.
Volgens oorlewering vat die Sangoma ‘n afgesterwene, sny sy tong uit, en kap sy bene by die knieë af. Die arms word by die elmboë afgekap, dan is hy/sy ‘n slaaf. Die “slawe” onthou niks meer van wie hulle voorheen was of iets van hulle lewe nie. Hulle maak die Sangomas se huise skoon, was en stryk vir hulle en kook ook hulle kos. (Hoe hulle nou al hierdie werk sonder hande kon doen is ‘n raaisel nê?) Die Sangomas stuur hulle uit in die nag om te gaan kos steel, dan slaap hulle sommer by die manne se vroue ook. Reg langs die man in dieselfde bed. Niks gehoor, niks gesien. (Vandaar die groot skrotum wat ‘n teken was van ‘n ooraktiewe seksuele drang.) My vader was ook dikwels “regter” om die vrede te bewaar tussen mans en vroue wat “Tokkelossie-kinders” gehad het.
Die mense wat die Tokkelossie al gesien het, het mal geword. Hy bring ook slegte boodskappe of siektes van die Sangoma af, maar as jy navraag doen dan kry hulle die boodskap in ‘n droom, die Tokkelossie kan mos nie praat nie. O ja, hy was net snags bedrywig. As Bessie, die melkkoei, baie min melk gehad het die oggend, was dit die "Tokkelossie" wat haar in die nag leeg gesuip het.


Die Tokkelossie

Nou Ou Jona, wat ís dit wat jou so omdop,
jou gesig so grysgrou maak, jou hart so vinnig laat klop,
jou oë so spierwit laat rondrol in jou kop?

Ag nee man, moenie hier voor my kom kruip nie,
vir my kom sê ou Bessie is al weer leeg gesuip nie!
Dit is ‘n toets wat jy nie vandag mag druip nie.

Ou Jona kom vertel nou vir my rustig en op jou gemak
van die klein, kort, swart mannetjie met die groot sak.
Waar kom jy aan die wolhaarstorie man, dis mos twak!

Ou Jona, wie het vir jou al hierdie stories vertel,
van hierdie klein mannetjie met baie hare op sy vel,
wat jou nog banger maak vir hom as vir die hel?

Hierdie “nagwese” wat nie sy gesig in die dag sal wys nie,
wat slegs snags sy lope loop en kom soek na ‘n prys
vir sy eie Sangoma wat sy naam geskryf het op ‘n lys.

Ek probeer regtig baie hard om jou te verstaan.
Hoe lyk hy nou, na ‘n mens     of na ‘n halwe bobbejaan?
“Auk, soos Mngani sê, ek het hom gakry daar gastaan.

Eish! Ou Jona hy het gou die oge laat val,
as jy kyk hom by die oog dan word jy mal!
Aikôna, Ou Jona hy soek hom nie die gepik by die bal.

My eerste vrou sy het hom die annerdag so bakyk,
hom se groot neus het nes die bobjaan s’n galyk,
sy oge hy het so rooi soos die vuur vir hom gakyk!”

Wat issit wat die klein mannetjie van jou wil hê,
of is daar iets dringends wat hy vir jou kom sê?
“Auk Mngani, hy soek by my se vrou te kom lê.

Die Tokkelossie hy kan mos nie praat nie hy is stom,
mos die Sangoma hy het hom weg gevat sy tong,
mar njannies koepêla, daai mannetjie hy es nie dom.

Daardie deng wat ons roep hom die Tokkelosh,
hy bly hom daar ver by die berg, diep by die bos.
Maskien hy sal sommer die groot siekte kom los.”

Jy kan hom mos inwag met die lamp...
vinnig sy voet gryp en dit vasklamp
Ek sal nog so "try" dan’t hy klaar weg verdamp.

Auk samblief jy moenie sommer vir my lossie
en njannies jy moenie nog kom spot nie
Daardie deng hulle roep hom die Tokkelossie

hy sal mos met die een klap my nek omdraai
Dan’s ek op my pens en ek kyk hom vir die "sky"!
Auk, nee wraggies Mngani, dan is ek mos in my maai!
« Last Edit: August 24, 2012, 12:21:10 PM by PM »
Om te weet is om te verstaan.