• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Laat Winter in die Kaap...

Started by Angelica, August 23, 2012, 06:25:53 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Angelica

Wanneer gaan hierdie Kaapse Koue wyk?
Ek is darem nou al lekker 0-vol vir die koue, nat donkerte in ons mooie dorp.
Vandag was heerlik.  Het vol sonskyn gehad, maar die windjie is skraal.
En jy kan alreeds die koue front voel wat inbeweeg het.   :crybaby2:
Ek's 'n somer baba.  Soek son en hitte en warm sand en seelewe en berg en veld waarop die skimme bewe.

elle

AB


PM

Hier by ons was dit gister 29 grade.  Ons het amper kaal0 geloop.  Ons het nie eers kans gekry om stelselmatig aan die somer gewoond te raak nie, sommer tjoef-tjaf. 
Ek stuur vir julle Kapenaars 'n lugballonnetjie vol warm sonskyn.  Hoop julle sal dit geniet.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

PM

Ter verduideliking wil ek net die geheimekode  0  aan die nuwe lede verduidelik.  As jy hierdie teken sien, dan sien jy 'n O ('n gat)  Hierdie is 'n gesofistikeerde forum gat 0.   :bootyshake:  En dit is my 0.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.