• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Sekelmaan

Started by Jeannedarc, May 18, 2011, 06:09:04 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

Jeannedarc

skaamskeef hang jy, sekelmaan
met die melkweg in dofwitwaas
'n bruidsluier oor jou kop getrek
en sterrespansel diamantblinkers
oor jou kleed gesprinkel
wyl jou bolrondaardbollyf verskuil staan
in die donkerswart skadu van die nag
in stille afwagting op die rooiwang knipoog
van jou blinkoog jonkheer dag

PM

Pragtig!  Dit is iets besonders.  Ek kan nie wag om te sien watter kunswerk jy hierby gaan gebruik nie. 
Om te weet is om te verstaan.