• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Ouboet

Started by PM, August 23, 2012, 10:48:40 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Ouboet

my onthou is vaag
ek moet sit en dink
om tussen newels
feite te soek

1949 is jy gebore
twee jaar voor my
in '76 is jy oorlede
(o nee     dit was Ma     in '86
'n gebroke hart)
jy het ons verlaat
in '74     amper 25

ek onthou die laaste keer
met jou hand teen die deur
'n laaste wuif     'n laaste groet
en die gemis daarna

my onthou is vaag
maar jou beeld
en ons groot-word-jare
is fel in my gemoed

Om te weet is om te verstaan.

Fransi

Die woorde vang die gevoel so mooi vas. Daar is iemand wat gesĂȘ het dat 'n mens vleis verwerk, nooit die dood van iemand na aan jou nie. Jy leer bloot om sonder die persoon aan te gaan.

PM

Dit is so.  Toe ek jonger was het ek 'n vriendinnetjie gehad wat se broer oorlede is, 11 jaar al.  Ek het nog nie dieselfde ervaring gehad nie en gedink 11 jaar is 'n ewigheid.  Hierdie jaar is my ouboet 38 jaar oorlede en daar kom nog dae, soos gister, wat ek indens na hom verlang. 
Om te weet is om te verstaan.

Fransi

Ek verstaan dit so goed, PM. My pa was nou die dag sewe jaar dood en die gemis is dalk nie meer elke dag of elke oomblik van die dag in jou nie, maar daar kom oomblikke wat dit voel asof iemand jou hart in 'n vuis vasdruk en die verlange so intens is dat jy amper nie kan asem haal nie.

Meraai vannie Baai

Daardie vuisdrukseer ken ek ook alte goed. Elke keer as ek voor die klawers inskuif vreet verlange na my pa van vooraf in wit en swart en klink elke akkoord vals.

PM

Die dood het my al 'n paar keer hard gevuis. 
Daardie gemis en verlange is nie 'n grap nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Rainier

Ek is ook die ouboet van my pa se huis, na die sal ek die ander se onthou van my verhelder.

PM

Dit is goed so Rainier, ons benut nie die tyd tot ons beskikking nie en dit is eers as die jare aanstap en jy verloor jou geliefdes so een vir een dat jy wens jy het meer tyd saam met hulle spandeer. 
Om te weet is om te verstaan.

Marinda Kemp

Die aand nadat ek hierdie gedig gelees het, het ek van my Ouboet gedroom. Dit was seker die langste gesprek wat ons in al ons dae gehad het, in my droom.  :love7:
Upington is nie vir sissies nie.

Ans Botha

My Ouboet leef nog, maar my boet net ouer as ek is 'n paar jaar gelede oorlede. Eintlik ironies. Sy genetiese Oupa grootjie is in 1928 oorlede en ons genetiese Oupa amper 'n jaar later in 1929, my pa was toe 9 jaar oud. My pa is toe in 1998 in Junie oorlede, die volgende jaar in Mei 1999 is my broer net ouer as ek oorlede op 45 Ons Oupa was ook 45 toe hy oorlede is. My pa en ons Oupa Grootjie was ook baie na aan dieselfde ouderdom oorlede. Hierdie gedig het my maar net daaraan herinner. Dankie P M ek het hierdie gedig werklik nie net geniet nie, maar ook waardeer.

PM

Ai-ai matertjie, dit is so hartseer.  Dit is ook nou amper kersfees en dan verlang en mis 'n mens mos ekstra. 
Om te weet is om te verstaan.