• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Dawid en PM

Started by PM, August 18, 2012, 12:19:19 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

'n Paar jaar gelede het my oudste eendag tuis gekom met 'n grootse geskenk vir sy ma, PM.
'n Lewensgrootte beeld van Dawid.  Dawid, met sy ontblote manlikheid het dikwels gesorg vir groot pret.  As my se vadertjie kom kuier het, het hy altyd 'n lappie gesoek om Dawid se skaamte mooi toe te maak, want, het hy gesê, 'n man kan mos nou nie so voor die mense staan in sy volle naaktheid nie. 
Toe ons trek moes Dawid saam     en hy het sy ereplek in die tuin gekry     en weereens gesorg vir baie pret.  'n Vriendin van my het eendag haar stoel omgedraai en met haar rug na Dawid gesit, want sy kon nie haar aandag by die gesprek bepaal nie.   :icon_biggrin:
Vanoggend toe ons in die huis inkom, toe lê die opwasplek se vloer onder water.  'n Pyp het 'n lekkasie opgedoen. 
Toe ons in die tuin kom, het Dawid se voete onder hom padgegee soos wat die water die grond daaronder uitgespoel het     en hy lê op sy gatseggie.  Dawid het 'n paar breke opgedoen.  Sy enkel het sleg seer gekry.
Nou sien ons net Dawid se boude.  Mooi boudjies die klipsteen.  :icon_biggrin:
Aangesien Dawid 'n bietjies te swaar weeg vir my en Hannes om hom op te tel, sal ons maar moet wag vir hulp om te sien watter ander skade Dawid opgedoen het. 
Ek weet ek moet huil, maar ek het sommer net histeries begin lag. 

Om te weet is om te verstaan.

Naas

Dis nou waar Dawid sy wortel begrawe het, in jul tuin. Seker net gewag vir genoeg water.




:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Ek hoop die oes sal groot wees!  :sign10:
Om te weet is om te verstaan.

adele

ai ai ai, lief vriendin, nog water...
maar dankie vir die Heer se genade wat in die HAT as humor opgeteken is. wat van 'n kiekie?

:grommit: 
adéle  :grommit:

PM

Om te weet is om te verstaan.

adele

hie hie, g'n wonder dis net boudjies en giggels nie. die arme beeldjie, dink aan sy gevoelentes...  :icon_biggrin:   

:grommit:
adéle  :grommit:

PM

Vanoggend kom ons tuinjong in en later kom vra hy of ek "het gesien die man daar by die tuin hy het geval".
Ek kon nie help om te glimlag nie, hy was na aan trane.  Ek sê toe vir hom ons het gesien, maar hy is te swaar vir ons.
"Djirre, ek kry hom ok nie op nie." 
Sy vrou vra so ewe of sy kan kom help.  Toe skater ek. 
Die twee oumense slaap in die bediendekamer.  Maria werk vir die buurman tot so twee-uur in die middag.  Sy is elke oggend sesuur by haar werk, eers 'n bus en dan die trein.  Dan stap sy so 4 kilometer tot by die werk en sy is al 60 (maar ek dink dit is nader aan 75) en het 'n gebreklike voet.  Sy werk al 30 jaar vir hom.  Hy self het breinskade opgedoen met sy geboorte en hy loop met 'n loopraam,  baie moeilik.  Sy maak vir hom ontbyt, maak sy knope vas, trek sy skoene aan en dan help sy hom tot by sy kar. 
Sy kla toe so twee weke gelede by my dat sy nie meer so ver kan loop nie en wens hy wil net vir haar 'n houthuisietjie opsit waar sy haar kop kan neerlê.  Sy sal sommer in 'n skotteltjie was.
Haar man soek ook al maande werk en hy kry niks, want die mense sê hy is te oud om te werk. 
Ons sê toe hulle  moet maar hier in ons houthuis intrek.  Dit staan mos leeg.  Hy werk nou elke dag in die tuin, was die skottelgoed en die vloere. Hy kry nie veel nie.  R1 200.00 per maand en dan gee ons vir hulle kos.
Twee keer in 'n week kom skarrel sy gou deur die woonstelletjie.  Dit vat haar 'n hele uur en 'n half, van hoek tot kant.  Daarvoor betaal ons haar R400.00 'n maand. 
"Djirre Oumiesies, djulle is nog wit witmense", seg Frans.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

PM

Hierdie onderwerp is sewe weke na die vloed ons getref het begin.  Dit klink nou lagwekkend, maar daar het soveel water onder deur die brug gevloei sedert nou bykans 15 maande later. 
Maria het haar houthuisie gekry en is so gelukkig soos 'n vark in Palistina.
Ons gebouversekering het na ses maande se geveg die helfte van ons skade betaal.
Ons wag nog vir die inhoudsversekering van die Stadsraad.  "They do not pay, they just hassle."
Dawid is in ere herstel en pronk nou beter as ooit. 


Om te weet is om te verstaan.

AB

ek sien dawid se wortel het darem niks oorgekom nie

PM

Die grond het ook niks gehelp nie.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

AB

Quote from: PM on September 24, 2013, 10:39:32 AM
Die grond het ook niks gehelp nie.   :icon_biggrin:

kon hy nie die wortel plant nie?

PM

Die wortel is geplant, maar dit wou nie groei nie.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

AB

Quote from: PM on September 24, 2013, 11:27:57 AM
Die wortel is geplant, maar dit wou nie groei nie.   :icon_biggrin:

ok nou ek verstaan, hy net nie wortel geskiet nie.

Angelica

Dawid het die wortel BE-grawe. Soos in 'n dooie ding, sien?   :color:
Dis nie veronderstel om op te kom nie.
elle

PM

 :love7:    :toothy4:  Ek lief jou!   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.