• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Die toekoms

Started by Elizabeth, August 12, 2012, 06:19:07 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Elizabeth

Ons gaan bietjie rondry.....nie te ver nie, maar darem! Vir 'n hele week lank. By Die Oog in Naboomspruit is 'n aftreeoord. Ons wil dit gaan bekyk. Dit klink vir my na "ons soort aftreeoord", ene wat nie jou "asem gaan steel nie", want daar is 'n glybaan, 'n putt-puttbaan, baie bokke en ander wild, die mooiste gevogeltes.....en in die winter is dit warmer as hier. Ons gaan net eers kyk....en uitvind. Elke winter word kouer hier in ons ou huis op die hoek. Dis 'n groot besluit, maar ons glo ook dat mens leiding kry en dat alles gebeur soos dit moet. Dink maar aan ons twee as julle bid. Liefdegroete!  

PM

Ek dink dit is die eerste ding wat 'n ou vang, daardie koue wat deur murg en been sny.  Jy kan hoe warm aangetrek wees, maar die hande, die neus en ore steek uit!   :icon_biggrin:
Ons hoop van harte dat julle nie teleurgesteld sal wees nie en intussen sal ons aan julle dink.  Gelukkig is dit nie so ver nie. 
Geniet die week en bring 'n paar "klikkies" saam om te deel. 
Om te weet is om te verstaan.

Fransi

Dit klink na 'n baie lekker en mooi aftreeoord. Dink aan julle met hierdie groot besluit.