Ek plaas hierdie hier vir jou Raaitjie.  Jy kan dit verpak waar jy dit graag wil hê.  
http://www.proagri.co.za/oppiestoep/boer-se-lag/Jongman-soek-plaaswerk.htmlJongman-soek-plaaswerk
Het ervaring in:
•    Die verkeerde perd opsaal
•    Te veel hooi op die vurk laai
•    ‘n Eiertjie bylê
•    Jongosse inspan
•    Katte skiet
•    Ou koeie uit die sloot grawe
•    Met die hele mandjie patats uitkom
•    Deur die wingerd loop
•    Wrange vrugte pluk
•    Die put demp as die kalf verdrink is
•    Die room afskep
•    Op eiers loop
•    Balke saag
•    Twak verkoop
•    Appels swaai
•    Wys waar Dawid die wortels begrawe het
•    Pêrels voor die swyne werp
•    Met anderman se kalwers ploeg
•    Met die hoenders gaan slaap
•    Die bul by die horings pak
•    Vir wolf skaapwagter maak
•    Gods water oor Gods akker laat loop
– Dom Boer