Die Afrikaanse Forum

Die Biblioteek => Die woordmandjie/Skrywers-skatkis => Topic started by: PM on August 10, 2012, 08:54:47 AM

Title: Die woordmandjie
Post by: PM on August 10, 2012, 08:54:47 AM
Hier kan almal kom woordjies, frases, of enige onderwerp  plaas waardeur Raaitjie sal kom sif om in die woordskuur te verpak sodra sy weer kans sien. 
Title: Re: Die woordmandjie
Post by: PM on January 08, 2013, 01:32:37 PM
Hier is 'n skakel wat werklik pragtige Afrikaanse inligting bevat.  Onder andere is hier 'n lys van idiome van A-Z. 
Ek het ook CJ Langenhoven se "quotes" hier gekry.  Lees dit gerus. 
Die naam is:   And I quote.  So gepas!

http://www.andiquote.co.za/idiome.html
Title: Re: Die woordmandjie
Post by: Meraai vannie Baai on January 09, 2013, 12:32:59 AM
Ekke liefffff dit!!!! :love7:
Title: Re: Die woordmandjie
Post by: PM on January 22, 2013, 12:27:23 PM
Ek plaas hierdie hier vir jou Raaitjie.  Jy kan dit verpak waar jy dit graag wil hê. 

http://www.proagri.co.za/oppiestoep/boer-se-lag/Jongman-soek-plaaswerk.html

Jongman-soek-plaaswerk

Het ervaring in:

•    Die verkeerde perd opsaal
•    Te veel hooi op die vurk laai
•    ‘n Eiertjie bylê
•    Jongosse inspan
•    Katte skiet
•    Ou koeie uit die sloot grawe
•    Met die hele mandjie patats uitkom
•    Deur die wingerd loop
•    Wrange vrugte pluk
•    Die put demp as die kalf verdrink is
•    Die room afskep
•    Op eiers loop
•    Balke saag
•    Twak verkoop
•    Appels swaai
•    Wys waar Dawid die wortels begrawe het
•    Pêrels voor die swyne werp
•    Met anderman se kalwers ploeg
•    Met die hoenders gaan slaap
•    Die bul by die horings pak
•    Vir wolf skaapwagter maak
•    Gods water oor Gods akker laat loop

– Dom Boer
Title: Re: Die woordmandjie
Post by: Meraai vannie Baai on January 23, 2013, 02:25:42 AM
Dit is kostelik! Duisend dankies mater vir die ene. Hy is nou uitgestal op 'n rak in ons eie woordskuur:
http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=2510.msg16443#msg16443
Title: Re: Die woordmandjie
Post by: PM on January 23, 2013, 08:37:22 AM
Dankie Raaitjie, ek kan nie wag vir Naas nie.  Hy gaan natuurlik nog 'n paar kom byvoeg.   :hello2:
Dalk is hier nog iemand wat wil kom saamspeel. 
Title: Re: Die woordmandjie
Post by: Meraai vannie Baai on January 23, 2013, 09:49:52 AM
Plekke geboek vir Naas se wyshede en dalkies ander maters sin ook  :book1:
Title: Re: Die woordmandjie
Post by: Meraai vannie Baai on August 25, 2015, 11:40:08 PM
In die woordmandjie vanoggend, AB se kostelike uitdrukking vir die 'instrument' wat gebruik word in 'hurling': Paplepel......mmm hokkiestok met 'n groot kop.
 :book1: :notworthy: :icon_salut:

http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=3835.msg24624;topicseen#msg24624