Author Topic: winter verlange  (Read 1463 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
winter verlange
« on: August 09, 2012, 05:23:40 PM »
my hart pomp vandag
verlange in liters deur my are
elke asemteug 'n noodsein,
jou naam,  'n pynroep
wat stom oor my lippe rol

ysige winterwinde ruk my lyf,
pers elke warmhart, liefonthou
deur die gate in my trui,
ontbloot genadeloos en wreed
trane wat op my wang kristalle rol

ek wens ek kon net weer
hitte in jou arms soek,
dorstig uit jou fonteine drink
ure na jou stem luister,
en 'n duisendmaal
jou naam in ekstase roep

ek wens...

ek wens jy was nog hier

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: winter verlange
« Reply #1 on: August 10, 2012, 08:56:56 AM »
Hartroerend mooi geskryf.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10694
  • Gender: Female
Re: winter verlange
« Reply #2 on: August 10, 2012, 09:02:41 AM »
Dit is treffend Gawelientjie.  Ek lief dit.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.