• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Gaan vir eers nie meer saam kuier

Started by Meraai vannie Baai, August 04, 2012, 06:21:47 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Liefste maters ek kom vra onverskoning, wou julle al inlig maar het probleme gehad om die forum op te spoor  :crybaby2: Ons lewe het so paar snaakse draaie die laaste maand gegooi. Toetse op toetse en lee gatsakke agterna het hulle agtergekom waar die lastige klontjies ontstaan, en het dit tyd geraak dat hulle die opening in my  hart toemaak. Die hart en longe is onder groot stres en drukking met bleek vooruitsigte as ek nie die eenvoudige prosedure met goeie vooruitsigte en beter lewensgehalte in die vooruitsig laat doen nie. Ek gaan dus vir so rukkie buite aksie wees. Daar is ook nog 'n biopsie prosedure wat gedoen moet word na die herstel van die PFO gedoen is, so ek gaan vir eers groet en die woordmandjie aan PM oorhandig. Lief julle elkeen.  :notworthy: :icon_salut:


PM

Matertjie, ek neem net die woordmandjie lank genoeg om jou kans te gee om te herstel.  Ek sal nooit hierdie groot taak wat jy het, met dieselfde vernuftigheid as jy kan hanteer nie. 
Ek hoop en vertrou dat die prosedure vinnig en vlot sal verloop en dat jy gou sal herstel.  Weet net dat ons jou baie lief het, sterkte toe wens en die ure aftel om jou weer hier te hê.
Mag dit goed gaan en sê vir Outop ons dink ook aan hom.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

AB

stekrte vir jou marieta en ook outop. mag als suksesvol afloop.

Meraai vannie Baai

Ek moet sluk teen die trane. Dankie julle. Eers was ons kwaad. Toe onseker. En toe hap en byt ons na alles om ons. Soos die onsekerheid vervang word met kennis, word dit stelselmatig beter  :love7: julle sooo baie.

adele

    :love7:    ons gaan jou so baie mis. ek vertel deesdae gereeld vir Eben van my skryfvriende en woes-beginjare [behalwe nog nie daardie commin dae by verneukpan nie] en hy stuur ook sterkte en hiermee wil ek jou in ons Vader se Hande laat toevou

Here, ons Vader, U weet hoeveel ons op U vertrou, neem elke dokter en hulle personeel se hande en lei hulle met U genade om die beste sorg aan ons vriendin te gee, sterk ook Outop en hulle kinders sodat hulle haar net ten beste kan oppas en liefhê, Amen

:grommit: 
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

[behalwe nog nie daardie commin dae by verneukpan nie]  :icon_bigsmurf: :icon_biggrin: :hello2:
(((((((Adele & Eben)))))))  :love7:

PM

Gelukkig, die geluk by die ongeluk, het ek die meeste van daardie dae misgeloop toe ons "die stryd om oorlewing" gestry het.  Die ongeluk was dat ek ook die meeste van Assie en haar oupa gemis het. 
Raaitjie, vra tog asseblief mooi vir doggie of sy ons op hoogte sal hou. 
Dalk kan Willa vir ons 'n paar mooi prentjies kry met baie baie blomme vir jou. 
Om te weet is om te verstaan.

Trapsoetjie

Sterte Ta-Meraai. Ek weet alles gaan goed verloop. Rus nou genoeg dat Ta-Meraai kan terug kom, met nuwe woordmandjie.
Ek dink aan Oom-Outop en familie ook.

Drukkies en soentjies.  :love7:

:angel12:

Naas

Ek se niks maar ek is baie bekommerd. Hoop dat my maatjie sommer gou weer perdfris sal wees.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Dankie so baie vir julle omgee maters. Drukkie vir elkeen. Sal julle op hoogte hou. Belowe!!  :love7:

PM

Dankie Raaitjie, jy en jou familie sal elke dag in ons gedagtes wees.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Fransi


PM

Julle sal 'n plan moet maak met 'n fountjie, ek mis jou al klaar!  :crybaby2:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#13
Ek en Gawie stomklets gister weer so, wanneer ek iets in die lewe moet verwerk, (veral gesondheidsdinge) onttrek ek altyd en wil net ergens in 'n hoekie die situasie uitpluis en plan A, B en C in werking kry.

Maandagaand DV gaan ons deur na die Gold Coast om die kardioloog te sien.  As ek die forum in hierdie proses afskeep vra ek grooooot onverskoning. Nou wil ek eers ons forummamma 'n drukkie gee vir die oorneem van die woordmandjie vir eers.  :love7: :notworthy: As ons huishouding weer normaal funksioneer en alles klopdisselboom verloop - I'll be back  :book1:  :notworthy:  


PM

Raaitjie, ek glo en vertrou dat jy gou die regte antwoorde sal hê.  Gelukkig leef ons nie meer in 1800 nie.  Kan jy jou indink, 'n vier pond hamer vir narkose, besmette hande en geen maskers nie.  'n Houtsagie en mercurochrome!   :angel4:
Vandag doen hulle sommer 'n trippel hartomleining en binne 'n week is boeta weer by die huis. 
Maak nie saak nie, dit is nog baie stresvol en ons vertrou dat julle ook hierdeur sal kom.  As almal van ons so handevat en 'n stewige kringetjie maak, kan niks verkeerd loop nie. 
Die woordmandjie is veilig  waar dit is.  Ek sal 'n onderwerp begin: Die woordmandjie
Daar kan almal kom deelneem en alles wat pragtig is daarin pak vir jou.  Sodra jy 'n tydjie kry en weer reg voel vir die ding, kan jy daardeur sif en kom verpak in die woordskuur. 
Weet jy net dat ons almal baie lief is vir jou en elke dag aan julle dink.   :love7:
Hier is 'n paar blommetjies vir jou en in die hartjies, mooi sonnige gesiggies.  Ek hoop dit sal jou opvrolik.   :toothy4: :toothy4: :toothy4: :toothy4: :toothy4:
Om te weet is om te verstaan.