Nou ja, my nog 'n dag het toe die 29 Aug in die dag verander.
Ek is (geretrenched) afgedank of besnoei. Ek werk tot die einde September, ek dink dis die moeilikste ding wat ek nog moes doen, om hier te sit en glimlag en maak of alles okay is, maar binne, wel kom ons sê dis definitief gesensor.
Nou aangesien dit vir my klink na 'n algemene probleem, om
ge-fire besnoei te word, wat doen ek nou?
Ek dink, dit het my nog nie geklap nie.
My beterhelfde bly vir my sê, onthou jy gaan nie op pensioen nie, dan is ek so half, maar hoekom nie.
Ons het al begin kyk na dinge soos om ons huis in die mark te sit.
Hoe en wat doen mens? Ek voel nogal baie kwaad, maar dan sê Andrew weer, hulle doen my dalk 'n guns. Want as die maatskappy bankrot speel sal ek seker nie 'n sent uitkry nie. Waar hulle nou vir my 12 jaar se geld moet uitbetaal okay dis net een week vir elke jaar, maar dis darem 3 maande se salaries as ek dit so vinnig uit werk.
Dit was net ek en die GROOT baas. Net ons twee het saam gewerk. Toe kom sy seun, Klein baas. Toe kry hulle iemand met wie ek gewerk het by 'n vorige maatskappy om te help, en dis hier waar ek my totaal in 'n muur in vas loop. Ek het alles gedoen sonder moeite en redelik min foute definitief geen stupid foute nie, maar ek wat alles kan doen word besnoei en die een wat net kan doen wat ek hom gewys het word gehou.
Sorry I really don't know... NOT MY PROBLEM ANYMORE.
Elkgeval vir die wat dalk gewonder het hoekom ek so stil is/was/dalk nog gaan wees. Ek baklei met my eie "demons".