• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

huisbou nr 1

Started by AB, July 30, 2012, 09:39:18 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

AB

hier is paar fotos hoe ons huis vanoggend gelyk het

Die TV kamer waar al die moeilikheid begin het



TV kamer na buite geneem



2 deure



bedkopstuk het warm gekry en  die se merke teen die muur



anton se slaap kamer




van buite gesien




teen 12h30 het dit so gelyk


TV Kamer




TV Kamer na buite geneem



half 4 toe lyk dit so



Ja uiteindelik het iets begin gebeur sedert 7 Februarie.

Fransi

 :hello:

Sterkte en ek hoop die werk vorder sommer vinnig en sonder probleme.

PM

Hulle sê 'n prentjie spreek 'n duisend woorde, maar tog kan die foto's nie die absolute ongenaakbaarheid en die emosie oordra nie. 
Bykans 5 maande later!  AB, ek hou styf duime vas dat alles volgens plan sal verloop.  My se ma het gesê daar is twee klein woordjies met die grootste betekenis.  Trou en bou. 
Sterk staan!  Ons dink elke dag aan julle. 
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

harde werk - lyk my ek moet kom help - ek het so paar extra kg om van ontslae te raak ...
maar ek klim nie op dakke wat nie daar is nie ...

sterkte met die afbreek om weer te kan opbou
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

AB

de werk vorder







en so breek hulle voort



eerste keer wat 'n brekery vir my mooi lyk......oor ek weet wat daarna volg.


PM

Nou sal ek graag wil weet wat julle met die rommel gaan maak.
Dankie dat jy kom wys hoe dit lyk.  Hoop jy kom baie gereeld vir ons foto's wys AB.
Ons het nog nie eers begin nie, baklei nog met die versekering.   :crybaby2:

Om te weet is om te verstaan.

AB

die bouer het gereel vir hierdie groot houers wat swannies kom neersit en wegry na die afval gate toe. die rommel moet net gesorteer wees.



hier regs loer ook so een uit


PM

Ek en Hannes kyk nou weer saam na die foto's en skierlik besef ons dat ons nie regtig iets het om oor te kla nie.  Julle moet alles oor doen, ons moet net die fondasies laat versterk, al die ou teëls uitkap, dan wag vir die "droog proses" en begin nuwe kaste en teëls insit en verf.  Ons tuin is verwoes, maar na hierdie proses gaan daar seker ook nie veel van julle tuin oorbly nie. 
Onthou net om die bome in die geute uit te haal en oor te plant voordat hulle daai deel afbreek.  :toothy4:
Om te weet is om te verstaan.

AB

ja ons moes als waar hulle gaan bou uithaal en die gras gaan ook nie juis na gras lyk na die bouery nie, maar ons het verlief geneem daarmee en sal maar weer van vooraf tuin maak waar dit nodig is.

mettertyd besef mens dis amper iets soos go with the flow en help nie jy skop teen die prikkels nie. soms wonder ek of dit nei vir julle moeiliker is emosioneel en prakties. oorlat ons het dadelik besef nee wat dis verby ons moet oor begin en oor bou en by julle wonder julle nog wat om te red en restourasie werk is dlak erger as breek af en bou oor? ek weet nie al 2 is vrek erg.
maar ons en julle sal hierdeur kom
oor i jaar of 2 lyk die prentjie anders as nou
ek is al deur die tonnel waarvan ek 6 maande gelede gepraat het, jy sal ook daardeur kom, ek weet julle kan. hou aan positief dink.


PM

Iets wat ek altyd saam met my sal neem is die konstante moed inpraat en ondersteuning AB. Baie dankie. 
Verlede somer het die hael ons tuin vlenters geslaan.   :pottytrain2:
Dit het stadig maar seker weer herstel en dit sal volgende jaar weer mooi wees.  Gelukkig lê die somer voor die deur en na die eerste goeie reën sal die son ook weer helderder skyn.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

AB

ja moedhou is al wat werk, onthou ons lewe nog en kan nog vorentoe kyk.

laas week nog met brain ( so omtrnet 58 jr oud) gepraat op die foon, kry vrydagaand sms hy is die middag oorlede aan hartaanval.

as mens sulke goed hoor dan is mens net dankbaar vir elke dag en elke geleentheis.

PM

Jammer om dit te hoor AB.  Ons sal moed hou en sterk staan!   :love7:
Om te weet is om te verstaan.