Author Topic: Salige rus!  (Read 10488 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Salige rus!
« Reply #15 on: August 11, 2012, 01:36:38 PM »
As 'n mens kwaad is, kan jy nog, soos Raaitjie, die gras sny, jou woede op iets konstuktiefs uithaal, maar as daardie swart hond sy been teen joune kom lig, is daar nie juis veel wat jy daaraan kan doen nie.  Dit is maar soos 'n woeste wind wat homself moet uitwoed. 
Gelukkig kom ons almal weer daardeur. 
Naas se humorsin kom ook dikwels net op die regte tyd. 

 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Elizabeth

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 49
Re: Salige rus!
« Reply #16 on: August 12, 2012, 05:03:56 AM »
Ek het eenmaal gelees: 'n Dag sonder 'n lag is 'n verlore dag....en dis so waar! Al gaan dit hoe swaar en bedruk, iewers gaan 'n sonstraal jou tref as jy oopoog is, hou net moed!

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Salige rus!
« Reply #17 on: August 16, 2012, 03:25:51 AM »
As die lewe jou op jou kniege dwing, dan kou jy sommer die gras af om van jou frustrasies ontslae te raak PM :hello2:

Liefde en drukkies vir elkeen van julle wat 'n kwart voor nege glimlag op my gevreet bring en my dag/nag maak  :love7:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Salige rus!
« Reply #18 on: August 16, 2012, 05:41:01 AM »
 :icon_biggrin: Nou lag ek lekker.  Gister toe skryf ek vir Elle dat ek net die regte werk het vir haar om van haar frustrasies ontslae te raak.  "n Hamer en 'n beitel om harde droë sement wat onder ou teëls gebruik is, af te "hamer".  Skuus Elle, ek wou jou nie op jou knieë dwing nie.   :icon_biggrin:

Raaitjie, jy sal altyd iets vind om te doen, maak nie saak waar jy jouself bevind nie.   :icon_biggrin:

Ek dink dit het tyd geword dat ons almal 'n bietjie by ons "lekker plekkie" gaan kuier.
Maak toe jou oë en verbeel jou jy lê op jou rug in die warm sonnetjie langs die kabbelende riviertjie en jy sien die maan en sterretjies helder oordag blink en jy wonder...
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Salige rus!
« Reply #19 on: August 16, 2012, 08:50:57 AM »
Daarom herken en erken ek dit dadelik ads dit toeslaan. Dan kan ek uitklim voor die groef te diep raak.


ek wens ander kan dit ook regkry en minder steun op hulle krukmense

 :grommit: 
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Salige rus!
« Reply #20 on: August 17, 2012, 04:05:42 AM »
Soms moet mens jouself aan die kraag beetkry as jy voel jou rigting voeter nou na gate en slote toe. As dit net nader was PM het ek kom help 'hamer'. Adele ek lief jou krukmense uitdrukking! 

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Salige rus!
« Reply #21 on: August 17, 2012, 07:55:31 AM »
Aitsa, julle is my krukmense.   :icon_biggrin: Oor die algemeen is ek 'n baie sterk mens en kan baie sleg in die lewe hanteer, maar soms het jy iemand nodig wat net 'n oor bied.  Ek glo dat 'n mens onaangename ervarings met ander deel, dit is 'n "gesondwordproses".  Hoe meer jy daaroor praat hoe makliker verwerk jy dit.  Dit is 'n feit.
Hierdie forum is vir almal om te kom kerm en kla, te lag en kuier en mekaar te dra deur goed en sleg. 

Daar gaan nie 'n dag verby wat ek nie aan almal van julle dink nie en as ek dink ek het iemand vergeet gaan ek gou na die ledelys toe.   :icon_biggrin:

Raaitjie, Hannes het vir my die dood voor die oë gesweer as ek dit sou waag om aan daardie hamer te vat.  Hy sê ek sal sommer die vloere ook uitkap!  :icon_biggrin: Ek het die stoflap en die besem in die hand.  Julle kan nie glo hoeveel stof dit veroorsaak nie.  Die sementsplinters vlieg die wêreld vol. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Salige rus!
« Reply #22 on: October 10, 2021, 09:02:04 AM »
"Eendag... hopelik voor ek brand... eendag, sal ek van hulle ontslae wees en my stokperdjies bloots ry. Tot dan los ek maar die skilder vir Queen Elizabeth en die skrywe vir wie ook al hand opsteek."
En as daai dag aanbreek is jy spyt jy het uitgestel want nou is tyd min en doen moeilik.



 :icon_bigsmurf:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Salige rus!
« Reply #23 on: October 10, 2021, 04:05:52 PM »
Ek het pas vir Hannes 'n vreeslike preek afgesteek oor hoeveel ons het om voor dankbaar te wees.
Sy neef se seun is die 24 ste September oorlede.  Ons kinders leef almal, almal het kos in hulle huise, almal is gesond.  Ons het kos en is relatief gesond in vergelyking met miljoene ander.  Soms laat ons toe dat iets of iemand ons lag steel.  Pas daardie lag op mense, dit is een van jou baie kosbare bates!   :icon_biggrin:   :angel4:   :laughing4: 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Salige rus!
« Reply #24 on: October 10, 2021, 04:21:29 PM »
Dit is so waar PM.

Ek het baie om voor dankbaar te wees.

Soms het ek ook nodig om myself jammer te kry.  :evil6:

 :angel12:


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Salige rus!
« Reply #25 on: October 10, 2021, 04:35:44 PM »
Daar is darem 'n baie groot verskil tussen selfbejammering en hartseer my liewe Maatjie. 
Om te weet is om te verstaan.