Author Topic: Salige rus!  (Read 10467 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Salige rus!
« on: July 25, 2012, 08:51:40 AM »
Ek wonder al hoe meer of die ewige rus nie maar beter sal wees as die gedurige gesloeg en gejaag na wind nie. Party mense het net alles wel terwyl ander maar gedurig voortploeter en probeer positief wees.
Maar as ek nou eendag daai rus betree wil ek gaan soos my oupa. Stil en rustig in sy slaap. Nie soos die twaalf ouens wat bang en vol stres egter op sy bakkie was toe hy aan die slaap geraak het nie.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Salige rus!
« Reply #1 on: July 25, 2012, 09:59:58 AM »
Ons is almal moeg vir hier die plek genaamd aarde, Naas.
En dis nie so maklik om positief te bly wanneer alles skeef loop nie.
Ons almal rooi maar die moeilike tye bootjie in 'n tyd waar fraud en moord hoogtye vuur
Maar in Sy genade en krag, kan ons bly roei, al bloei ons.
Hou moed, hou spoed, want die einde is versker goed - Hy kom spoedig.

 :love7:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Salige rus!
« Reply #2 on: July 25, 2012, 11:53:37 AM »
Almal kom op daai punt Naas, klou vas - jou humor sal jou deurdra, indien nie - vat jy meer as jou oupa saam jou  :icon_biggrin:

Pragtige kommentaar Willa  :notworthy:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Salige rus!
« Reply #3 on: July 27, 2012, 08:09:40 AM »
O hallie ha!  Jy laat my dink aan die oubaas wat 'n vrag varke vervoer het teen die berg af, toe die remme ingee.  Outa Klaas het vir die polisie vertel, die varke skree "brieeeek-brieeeek" maar al wat briek is Oubaas.   :icon_biggrin:

Dit is nie altyd maklik om positief te bly nie, maar is dit nodig?  Kan ons nie sommer net so nou en dan, wanneer die lewe sy agerentkant vir ons wys, ons speelgoed uit die kot uit gooi en lekker depresief wees nie?  Hoekom mag ons nie raas en blaas en skop en skree nie?
Ons is nie Zombies nie en ook nie robotte wat geprogrammeer is nie, of is ons, of word dit van ons verwag?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Salige rus!
« Reply #4 on: July 27, 2012, 09:13:38 AM »
Nee. Robotte is ons nie, maar Naas is geneig tot depressie en dit is 'n lelike groef om in te wees. Daarom herken en erken ek dit dadelik ads dit toeslaan. Dan kan ek uitklim voor die groef te diep raak.
Maar julle ken my al goed genoeg om te weet wanneer ek stil raak baklei ek maar binnetoe.
Ek sukkel al hoe meer om myself te bly want tans is die leerders besig om die oorhand oor my te kry.
Eendag... hopelik voor ek brand... eendag, sal ek van hulle ontslae wees en my stokperdjies bloots ry. Tot dan los ek maar die skilder vir Queen Elizabeth en die skrywe vir wie ook al hand opsteek.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Salige rus!
« Reply #5 on: July 27, 2012, 09:42:07 AM »
Queen Sussa jy bedoel?   :icon_biggrin:

Tog glo ek in gedeelde smart is halwe smart, maar ek het self onder die bed weggekruip die laaste paar weke.  'n Mens is bang dat jy ander belas met jou probleme, tog staan ons altyd gereed om ander se laste te help dra. 

Die gevoel van magteloosheid het my ernstig bekruip en in daardie diep donker kuil gesmyt. Tog besef ek dat dit my niks sal baat om daar weg te kruip nie.  Pak maar die bul by die horings en ploeter daar uit.  Dit is tog net selfsug wat ek moet ontduik.  Ōm my is my geliefdes en dít is vir wie ek moet besluit.  Fluit-fluit my storie is uit.   :icon_biggrin:

Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Salige rus!
« Reply #6 on: July 28, 2012, 01:39:36 PM »
dis winter - die wereld en elke siel is in winter
die donkerkombersies vou stewig om ons emosies
en druk-druk die laaste bietjie sonskyn weg

almal se torre sukkel om te oorleef
die winter laat 'n mens vreeslik beef
maar kom die somer met sy sonksyn
hou moed
hou spoed

« Last Edit: July 29, 2012, 06:53:59 AM by PM »
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Salige rus!
« Reply #7 on: July 29, 2012, 06:55:38 AM »
Die somer beter nou sy alie in rat kry, ek is moeg gewag.   :bootyshake:
Ek verlang na al my maatjies.  :crybaby2: Waar is julle?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Elizabeth

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 49
Re: Salige rus!
« Reply #8 on: August 01, 2012, 06:20:17 AM »
Queen Sussa!!! hahahaha!! Lekker lag ek nou!

:wave:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Salige rus!
« Reply #9 on: August 01, 2012, 09:50:18 AM »
Dit is wonderlik om ons eie Queen Elizabeth (Sussa) te hê!   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Salige rus!
« Reply #10 on: August 01, 2012, 07:25:34 PM »
julle kosbaarheid ploeg my hart vol vore

 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Salige rus!
« Reply #11 on: August 02, 2012, 05:06:36 AM »
Een of ander slip kop, skuus     vingerfoutjie     slimkop, het gesê hy het sy stokperdjie gekies as beroep, hy het nog nooit in sy lewe 'n steek gewerk nie.

Soms dink 'n mens jy sal mal wees oor 'n sekere beroep, maar as jy eers daarin staan, dan besef jy dit is alles behalwe wat jy gedink het dit sal wees. Dinge kan so maklik verander of skeefloop, dinge buite jou beheer.  Dit is gaaf wanneer 'n mens nog jonk is en nie verantwoordelikheid het nie, maar dit is 'n ander saak as jy ouer is en nog afhanklikes het.  Byt maar vas en druk maar deur, of soos die spreekwoord lui: byt vas en as jy by die pit kom, byt deur!   
Om te weet is om te verstaan.

Offline Elizabeth

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 49
Re: Salige rus!
« Reply #12 on: August 02, 2012, 06:10:46 AM »
Hou maar moed Naas! As die lente eers hier is, lyk alles ook sommer beter!
:toothy4:

Offline bloubefoeterd

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 94
  • My bloed is blou. Ligblou
Re: Salige rus!
« Reply #13 on: August 10, 2012, 01:07:50 PM »
In die sweet van jou aangesig en al daai dinge....

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Salige rus!
« Reply #14 on: August 10, 2012, 04:30:46 PM »
 :hello:

Dit is aaklig wanneer die donker 'n mens insluk en jy hopeloos en magteloos voel en later sommer klaar dood voel.

Vir my help dit om dan 'n dag  te neem wat ek vir myself sê dat ek vir daardie dag, maar in die bed mag lê en nie skuldig hoef te voel oor alles wat ek nog moet doen of oor al die dinge wat ek al verkeerd gedoen en gesê het nie. 'n Dag wat ek my kop onder die komberse kan wegsteek en nou en dan 'n hartseer, klaende rympie skryf of sommer net huil.

As so 'n dag nie moontlik is nie is dit humor en geliefdes ( of geloof en vir my 'n uur of twee tussen my plantjies) wat 'n mens uiteindelik weer moed gee om aan te hou en op te staan. Soms is medikasie nodig. ( of soeter kinders  :icon_biggrin:)

Baie sterkte en dankie vir jou humorsin wat dikwels in nie se lekker tye nie, my steeds laat lag en laat beter voel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Salige rus!
« Reply #15 on: August 11, 2012, 01:36:38 PM »
As 'n mens kwaad is, kan jy nog, soos Raaitjie, die gras sny, jou woede op iets konstuktiefs uithaal, maar as daardie swart hond sy been teen joune kom lig, is daar nie juis veel wat jy daaraan kan doen nie.  Dit is maar soos 'n woeste wind wat homself moet uitwoed. 
Gelukkig kom ons almal weer daardeur. 
Naas se humorsin kom ook dikwels net op die regte tyd. 

 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Elizabeth

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 49
Re: Salige rus!
« Reply #16 on: August 12, 2012, 05:03:56 AM »
Ek het eenmaal gelees: 'n Dag sonder 'n lag is 'n verlore dag....en dis so waar! Al gaan dit hoe swaar en bedruk, iewers gaan 'n sonstraal jou tref as jy oopoog is, hou net moed!

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Salige rus!
« Reply #17 on: August 16, 2012, 03:25:51 AM »
As die lewe jou op jou kniege dwing, dan kou jy sommer die gras af om van jou frustrasies ontslae te raak PM :hello2:

Liefde en drukkies vir elkeen van julle wat 'n kwart voor nege glimlag op my gevreet bring en my dag/nag maak  :love7:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Salige rus!
« Reply #18 on: August 16, 2012, 05:41:01 AM »
 :icon_biggrin: Nou lag ek lekker.  Gister toe skryf ek vir Elle dat ek net die regte werk het vir haar om van haar frustrasies ontslae te raak.  "n Hamer en 'n beitel om harde droë sement wat onder ou teëls gebruik is, af te "hamer".  Skuus Elle, ek wou jou nie op jou knieë dwing nie.   :icon_biggrin:

Raaitjie, jy sal altyd iets vind om te doen, maak nie saak waar jy jouself bevind nie.   :icon_biggrin:

Ek dink dit het tyd geword dat ons almal 'n bietjie by ons "lekker plekkie" gaan kuier.
Maak toe jou oë en verbeel jou jy lê op jou rug in die warm sonnetjie langs die kabbelende riviertjie en jy sien die maan en sterretjies helder oordag blink en jy wonder...
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Salige rus!
« Reply #19 on: August 16, 2012, 08:50:57 AM »
Daarom herken en erken ek dit dadelik ads dit toeslaan. Dan kan ek uitklim voor die groef te diep raak.


ek wens ander kan dit ook regkry en minder steun op hulle krukmense

 :grommit: 
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Salige rus!
« Reply #20 on: August 17, 2012, 04:05:42 AM »
Soms moet mens jouself aan die kraag beetkry as jy voel jou rigting voeter nou na gate en slote toe. As dit net nader was PM het ek kom help 'hamer'. Adele ek lief jou krukmense uitdrukking! 

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Salige rus!
« Reply #21 on: August 17, 2012, 07:55:31 AM »
Aitsa, julle is my krukmense.   :icon_biggrin: Oor die algemeen is ek 'n baie sterk mens en kan baie sleg in die lewe hanteer, maar soms het jy iemand nodig wat net 'n oor bied.  Ek glo dat 'n mens onaangename ervarings met ander deel, dit is 'n "gesondwordproses".  Hoe meer jy daaroor praat hoe makliker verwerk jy dit.  Dit is 'n feit.
Hierdie forum is vir almal om te kom kerm en kla, te lag en kuier en mekaar te dra deur goed en sleg. 

Daar gaan nie 'n dag verby wat ek nie aan almal van julle dink nie en as ek dink ek het iemand vergeet gaan ek gou na die ledelys toe.   :icon_biggrin:

Raaitjie, Hannes het vir my die dood voor die oë gesweer as ek dit sou waag om aan daardie hamer te vat.  Hy sê ek sal sommer die vloere ook uitkap!  :icon_biggrin: Ek het die stoflap en die besem in die hand.  Julle kan nie glo hoeveel stof dit veroorsaak nie.  Die sementsplinters vlieg die wêreld vol. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Salige rus!
« Reply #22 on: October 10, 2021, 09:02:04 AM »
"Eendag... hopelik voor ek brand... eendag, sal ek van hulle ontslae wees en my stokperdjies bloots ry. Tot dan los ek maar die skilder vir Queen Elizabeth en die skrywe vir wie ook al hand opsteek."
En as daai dag aanbreek is jy spyt jy het uitgestel want nou is tyd min en doen moeilik.



 :icon_bigsmurf:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Salige rus!
« Reply #23 on: October 10, 2021, 04:05:52 PM »
Ek het pas vir Hannes 'n vreeslike preek afgesteek oor hoeveel ons het om voor dankbaar te wees.
Sy neef se seun is die 24 ste September oorlede.  Ons kinders leef almal, almal het kos in hulle huise, almal is gesond.  Ons het kos en is relatief gesond in vergelyking met miljoene ander.  Soms laat ons toe dat iets of iemand ons lag steel.  Pas daardie lag op mense, dit is een van jou baie kosbare bates!   :icon_biggrin:   :angel4:   :laughing4: 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Salige rus!
« Reply #24 on: October 10, 2021, 04:21:29 PM »
Dit is so waar PM.

Ek het baie om voor dankbaar te wees.

Soms het ek ook nodig om myself jammer te kry.  :evil6:

 :angel12:


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Salige rus!
« Reply #25 on: October 10, 2021, 04:35:44 PM »
Daar is darem 'n baie groot verskil tussen selfbejammering en hartseer my liewe Maatjie. 
Om te weet is om te verstaan.