Author Topic: Cento  (Read 6600 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Cento
« on: July 25, 2012, 03:07:33 AM »
*Cento (spreek uit: SEN-to) Die woord is geleen uit Latyns vir laslappiejas. Hierdie kreatiewe skryfvorm  kom voor, waar dele of soms selfs paragrawe wat saamgestel is uit ander digster/skrywers se werke, met hulle toestemming  :toothy4: saamgeweef word as 'n 'nuwe' gedig/skepping in 'n laslappie-woordjas.

Asonius het die riglyne vir die Cento vasgepen. Die geleende lyne mag of van een digter of verkeie digters se werke geneem word. Daar mag hele verse of slegs gedeeltes van verse geneem word. Die reëls/ lyne kan geskommel word. Gewoonlik is 'n Cento 100 of 50 reëls lank maar kan ook in korter weergawes - semi of gedeeltelike vorm - aangebied word.

*Ek verkies om die cento in 'n laslaplyntjie-vorm te doen en nie in oorspronklike gedigvorm nie. Gewoonlik lees ek deur al die gedigte van die betrokke skrywer wat my toestemming verleen het. Vorm dan 'n prentjie van die woorde wat my hart raak in elkeen en probeer daarmee 'n nuwe woordbeeld saamstel, deur uit elke gedig 'n lyn/woord of twee te neem. Dan word hierdie geleende lyne weer geskommel om die geheelbeeld af te rond.

In ons werke skuil daar soms versugtinge en besef ons nie altyd dat daar verskuilde verhale, met dun draadjies verweef uit die ABC tussen die lyne is nie. Soos herhaalde drome ...

VOORBEELD AS KOMMENTAAR GEPLAAS WEENS DIE LENGTE.
« Last Edit: July 25, 2012, 03:53:39 AM by Meraai vannie Baai »

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Cento
« Reply #1 on: July 25, 2012, 03:52:06 AM »
Hoekom 'n laslappiejas weef uit ander se skeppings, wonder jy seker nou? Watter bevrediging kan voortspruit wanneer ons tyd steel om deur 'n ander persoon se abc's te grawe - opsoek na die 'versteekte beeld'?

Hier is Elmarie se kommentaar op die Cento wat ek uit haar werk saamgestel het:

Ek het 'n wonderlike ervaring gehad. Ek kon in iemand anders se kop inklim en my deur haar oë sien. Deur die nag het die eposse uit haar pen ingerol, een na die ander, en soos ek dit vanoggend lees, op 'n ontdekkingstog deur my eie kop gevat. Ek verwys hier na Meraai vd Baai se gebruik van my woorde om 'n CENTO bymekaar te stel.

Sjoe. Ek het die laaste paar maande soos 'n maniak geskryf. My gevoelens het deur my vingers gevloei. Dit was my terapie, my "coping mechanism". Dit was my liefde vir 'n man so ver van my af en 'n poging om desperaat te kommunikeer met hom, om hom 'n kykie in my siel te gee. Dit was passie en pyn, hartseer en ekstase. En Meraai het my op 'n tog deur hierdie gevoelsinventaris geneem - en elke lyntjie uit elke gedig wat sy gekies het, het die tyd vir 'n paar oomblikke laat stilstaan.

Dankie Meraai dat ek myself deur jou oë kon sien. Dankie ook dat jy my toergids deur my gedigteland was en vir my al die hoogtepunte wat ek nie raakgesien het nie kon wys. Dankie dat jy my 'n anatomieles van die liefde gegee het.


Woordkombers: Laslappie Cento saamgestel uit Elmarie Westerink se gedigte.

Die knus woordkombers wat jy vanaand met soveel teerheid oor my hart gegooi het
as jy so saggies vir my fluister en sonder ophou na my luister - maak jy my heel met
daardie liefdesgom wat dit wat stukkend is, weer bymekaar laat kom...


... as jy glimlag met jou stem breek my hart uit ysterboeie

... om daar buite in die sonskyn rond te dans

... jy is die vars nuwe bloed wat deur my are bruis

... jy is die tronkbewaarder wat my siel se sel oopgesluit het

... jy is my veiligheidsnet - jy sal my vang

... jy sal my nie laat struikel nie want ek het jou siel gesien

... ons langafstand liefde is ‘n naelstring van hoop

... dis ‘n kleinnood, ‘n vreugde wat geen geld kan koop

... vir my, is jou stem die son die lig in my hemelruim

... dit is ‘n warm wolkombers en vul die seile van jou lewensboot

... jy het my jou sterre gewys, met ‘n lig wat van binne in jou grysgroen oë skyn

... jou warm liefde laat die vog in my are so uit elke porie bruis

... en in fyn straaltjies tot ‘n magtige gevoelsvloed oor my lyf vloei

... wanneer jy met my woordliefde maak en my tot sielsvervulling bring

... word ek volledig vrou terwyl my liggaam wag op jou

... waar kom die koue wind vandaan?

.... of is dit ‘n dorre droogte?

... dalk is dit ‘n vakuum wat woorde ingesluk het?

... ek wag sonder asem sonder vorm

… my hart is onbeskerm teen die koue

... wagtend smagtend

.... die wande van ons harte is gemaak van die dunste glas

... ons is so breekbaar dat ‘n harde ysterwoord ons in stukke laat spat

... rasperkeel wat woorde in dun repies kerf

... harte breek nie oor die simpel sêgoed wat jou inmekaar laat krimp nie

... dit breek nie oor hierdie woorde kyke stilte van jou af nie

.... jou teer woorde wat my so hoog laat sweef het is stil en ek val

… struikel oor my pyn

... ek hoor die eggo: "Skatjie, liefling, poplap bokkie, baby, sonskynvrou woestynmerrie vrou-van-my-hart"

.. woorde bly vormlose klei wat druk op jou bors met ‘n vasgevriesde hart

... woorde alles maar net woorde

… alfabetsoldate met abc26 gewere

... vurige tonge ets al dieper en dieper hul boodskap van verraad of vernedering op jou siel

... en grysvaal as bedek die kleur van jou hart

... jou tong is kladpapier … kurkdroog

... en ek soek verward in die wit mistigheid van my rekenaarskerm

... ons woordedans wat ‘n tango was, ‘n pas de deux, is nou klanke deur ‘n kabel ver weg - stil met 'n klik

Ek vryf en vryf my arms want ek het nie meer ‘n woordkombers nie.

© Elmarie Westerink (saamgestel deur Meraai vannie baai)
« Last Edit: July 25, 2012, 04:07:17 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: Cento
« Reply #2 on: July 27, 2012, 08:55:50 AM »
Hierdie is werklik baie vernuftig gedoen Raaitjie.  As Elmarie wil aansluit en plek bespreek in die boek om hierdie te plaas, sal ek graag van haar wil hoor. 
Om te weet is om te verstaan.