• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

op Doringberg hier in ons wildtuin

Started by adele, July 21, 2012, 10:27:55 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

dit was daar
op die hoogste heuwel
waar die laaste son-aanraking
ons wyn met liefde gegeur het

dit was daar
met die vêr-wye veld ver onder ons
waar jy met jou liefbruin-oë
ons harte met goud ge-ring het

dit was daar
tussen rietbokke en olien
en die eerste skemervonkel
waar soen en antwoord een geword het

:grommit:
   
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

Liefffflike voorbeeld van 'n Digter's Eggo Ekphrasis Adele. Mag ek sebliefie gaan bewaar by die strukture voorbeelde mater?

adele

dankie lief vriendin,  :love7:   as ek iets sommer spontaan bedink en tik, dink ek mos nie aan strukture nie,  :icon_scratch:   maar ek sien dit nou in. jy mag dit daar gaan bêre- groot waardering hoor.

:grommit:
adéle  :grommit:


Elizabeth

Baie mooi werk wat ek nou daar in die forum gelees het! Geluk aan die skrywers!

PM

Ai Adéle, gryp jy nou my hartsnare en draai dit in 'n hartjie! Pragtig vriendin, hoop dit kan boek toe. 
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa



PM jy toor met woorde - mal oor jou : gryp my hartsnare en draai dit in 'n hartjie - Raaitjie dis so 'n woordskuur juweeltjie ne ;-)

Quote from: PM on July 24, 2012, 12:40:32 PM
Ai Adéle, gryp jy nou my hartsnare en draai dit in 'n hartjie! Pragtig vriendin, hoop dit kan boek toe. 
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

adele

Quote from: Ah Willa on July 24, 2012, 07:33:16 PM
gryp my hartsnare en draai dit in 'n hartjie - Raaitjie dis so 'n woordskuur juweeltjie ne ;-)

ek stem

:grommit:
adéle  :grommit:


PM

Ek kyk nou weer na die foto van die twee glasies en daarin sien ek die lugkastele.  Die twee hande spreek ook boekdele.  Adéle, dit moet boek toe. 
Om te weet is om te verstaan.

Elizabeth

Pragtige woorde!! Geluk (weer) Adele!

:love7:

adele

dankie baaaie, lief vriendin.  ek wonder soms oor ons kuns,  :dontknow:   hoekom ek sekere gebeurtenisse net eenkeer kan toevou in woorde, dan kry ek dit nie weer reg nie. maar die lewe is so vol dinge, daar is altyd weer iets om oor te skryf.    :icon_study: 

:grommit: 
adéle  :grommit:

PM

Adéle, ek dink dit is omdat daar soveel emosie by betrokke is. 
Iets wat ek waardeer van die forum is die heen en weer kletsies.  Dit bied my weer en weer die geleentheid om die werk te lees en elke keer vind ek iets nuuts daarin. 

op die hoogste heuwel ook op die "hoogste heuwel" van ons lewens. 
Om te weet is om te verstaan.