Die kuierstoep > Die kiekiekyk plek
paar kiekies
Elizabeth:
Heerlike kykgenot, baie dankie!
Ah Willa:
Sien julle die gesig - amper soos 'n bobejaan gesig :toothy4:
Elizabeth:
O jaaaa, pure Kees! Waar is dit Willa?
Ek pos vir julle 'n foto van twee muisvogels wat gister kom appel eet het in my tuin...
AB:
Elisabet
dis in die slanghoek berg en jy sien dit net waneer die son reg skyn en die skaduwee reg val. ek het dit nou die dag eerste keer opgelet en ek dink nie mens sal dit in die somer sien nie want dan is die son se baan anders.
Ah Willa:
Ek het nuwe brille nodig AB, ek het nie die beskrywing tussen die twee foto's gesien nie - net die foto's
--- Quote ---nou die dag by petrus in sy wild kamp gekuier en ek kyk so na die slanghoek se kant toe en sien hierdie kranse teen die berge en soos die son toe skyn en die skaduwee val lyk dit vir my so effens na 'n skedel ( of is my verbeelding te groot?)
--- End quote ---
Lyk regtig na 'n bobejaan se kind daai :-)
Sjoe Elizabeth - jy moet 'n prag tuin he want jy lok die mooiste verskeidenheid voels na jou tuin :hello2:
Navigation
[0] Message Index
[#] Next page
[*] Previous page
Go to full version