• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

paar kiekies

Started by AB, July 21, 2012, 10:00:02 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

AB

was nou nie weg op toer nie maar so paar fotos van ons se omgewing

voor die huis wat ons nou huur staan hierdie slaweklok.


en net links van hom kyk jy na woester se kant toe



nou die dag by petrus in sy wild kamp gekuier en ek kyk so na die slanghoek se kant toe en sien hierdie kranse teen die berge en soos die son toe skyn en die skaduwee val lyk dit vir my so effens na 'n skedel ( of is my verbeelding te groot?)



die daar in die wildkamp gesien by die waterdam



en die bankbestuurder het ook dors geraak en nader gestaan



van slanghoek woonstelle af na  brandvlei dam se kant toe



die huis wat heel links staan is  die een wat half afgebrand het en die goeie nuus is dat die planne goed gekeur is en een van die dae sal die bouery begin



in slanghoek, opstal se wingerd




'n ligstraal in ons donker wêreld. sononder na slanghoek se kant toe


vroeg oggend soos gesien vanuit die huurhuis se voordeur





nourie dag so effens sneeu gehad op die berge





en die volgende oggend dik mistige weer



alweer die slaweklok



en een van die akkerbome op die huurwerf



en hy volg die vrou soos 'n skaduwee



en sommer om jou lus te maak vir iets lekker




selfde mistige oggend die geneem na woester se kant toe met die kanferboom in die voorgrond


( gawie dalk kan jy die een gebruik?)

Meraai vannie Baai

Voel of ek met vakansie was! Duisend en tien dankies mater, en jaaaaaa ek sien die skedel ook hoor!

AB

plesier marieta

seg my gou jy wat marieta van die baai is, wat dink jy:

hierdie fotos het ek met die SLR geneem en verlede jaar se fotos met die brug kamera. wees krities asb, is die SLR vir jou duideliker of selfde as die brug kamera. SX 30? ek praat nou as jy gemiddelde van die fotos vat.

Meraai vannie Baai

Ek kan eerlik waar nie die verskil sien nie maar moet erken my oge is alles behalwe wat mens sal kan beskryf as betroubaar!

AB

vir my lyk dit ook min of meer selfde, maar wat ek reeds agtergekom het dis lekkerder om met SLR af te neem want die brug kamera het 'n "shutterlag" wat soms irterend is.

Elizabeth

Heerlike kykgenot, baie dankie!

Ah Willa

Sien julle die gesig - amper soos 'n bobejaan gesig   :toothy4:





Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Elizabeth

O jaaaa, pure Kees! Waar is dit Willa?
Ek pos vir julle 'n foto van twee muisvogels wat gister kom appel eet het in my tuin...

AB

Elisabet
dis in die slanghoek berg en jy sien dit net waneer die son reg skyn en die skaduwee reg val. ek het dit nou die dag eerste keer opgelet en ek dink nie mens sal dit in die somer sien nie want dan is die son se baan anders.

Ah Willa

Ek het nuwe brille nodig AB, ek het nie die beskrywing tussen die twee foto's gesien nie - net die foto's

Quotenou die dag by petrus in sy wild kamp gekuier en ek kyk so na die slanghoek se kant toe en sien hierdie kranse teen die berge en soos die son toe skyn en die skaduwee val lyk dit vir my so effens na 'n skedel ( of is my verbeelding te groot?)

Lyk regtig na 'n bobejaan se kind daai :-)

Sjoe Elizabeth - jy moet 'n prag tuin he want jy lok die mooiste verskeidenheid voels na jou tuin  :hello2:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

Ek verkyk my aan die stomp en sy besoekers. Lieflike kiekie Sussalief  :hello2: :love7:

PM

AB, ek dink hierdie foto's is puik en ek stem saam, dit was soos 'n vakansie om hierdeur te dwaal. Ek sal soos gewoonlik weer en weer terug kom vir nog "troos". 
Enige kamera in jou hande is die regte kamera!
Dankie vir die deel van jou foto'tjie Sussa.  Julle kan maar nog bring!

Daar sien ek nou die bobjaan se kind!  Die "gat" is sy neus!  :hello2:
Ek sien 'n olifant se kop en die ligkol lyk toe vir my soos 'n krokkedil.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

AB

PM op daai berg kan mens allerhande figure uitmaak, hang af van die tyd van die jaar en hoe die son sit en van waar jy kyk.

gister toe ek weg ry van di eberg af kyk ek in die spieël en sien die een plek lyk soos olifant.

dan sien mens soms vir saartjie baardman en queen victoria ook daar.



PM

 :sign10: Ek sien gereeld vir Saartjie Baardman in die spieël.   :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

PM

AB, ek verlang na jou en jou berg.  Waar is julle?
Om te weet is om te verstaan.